Awie & Monique se Oos-Kaap troue

Awie en Monique se verhouding is spontaan en gemaklik, en dis juis hierdie gevoel wat die twee wou uitbeeld tydens hul troue. Wanneer jy kyk na die foto’s let jy onmiddellik die liefde en geluk wat almal vir mekaar het op. Die paartjie het slim te werk gegaan om persoonlike elemente te inkorporeer wat hulle as ‘n paartjie uitbeeld by die geleentheid. Ons is veral mal oor klein besonderhede soos die bruid se leer palmtassie, ontspanne blomme rangskikkings en gebruik van mineraal klippe as sitplek aanwysings. Lees onder meer oor hoe die “leef-in-die-oomblik-paartjie” mekaar ontmoet het en hoe hulle hul troue ‘n sukses gemaak het.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ek en Anze, sy staan ook nou meer bekend as Wagnerliefdesfees se Hoof strooimeisie, het die perfekte meisies aand by die huis beplan. Awie aan die ander kant het ‘n wilde aand uit saam met my broer beplan, ek het geen idee gehad dat hulle mekaar geken het nie.  My kamerdeur het oopgegaan en ek het gekyk na ‘n siel wat myne meer van wou hê.  Die hele ontmoeting het my ‘n bietjie onkant gevang, my vriendin Anze was natuurlik die eerste om die voor die hand liggende te verklaar – dat my lewe veraltyd sou verander.  Ek het later gehoor dat Awie ‘n wedersydse gevoel gehad het en sy liefde vir my aan my broer verklaar het daardie selfde aand.  Vier maande later het hy my gevra om sy meisie te wees.  Nou is ons bymekaar veraltyd!

Wat was die tema van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?


Minder is werklik meer, ons het die dag alles oor ons liefde vir mekaar, familie en vriende gemaak. Ons wou soveel  moontlik aardse elemente in die dekor byvoeg, omdat ons albei natuurliefhebbers is. Ons het byvoorbeeld oor ‘n massiewe ou denneboom gestruikel wat in ‘n storm omgeslaan is en het besluit om daarvan gebruik te maak deur soliede hout onderborde as gaste gunste te sny. Een kant was bedek met rou linse olie om as snybord gebruik te word, die ander kant geverf met swartbord verf om vir pragtige kaas uitstallings gebruik te word. Ons het ook besonderse mooi mineraal klippe versamel uit die heuwels van ‘n familielid se plaas, Dassiesfontein. Ons het hierdie klippe gebruik om gaste se sitplekke aan te dui. Die kleurskema het bestaan ​​uit baie groen met uitbarstings van pragtige die rooi en room kleure. Die dekor en kleure was baie spontaan en dit het goed met ons as ‘n “leef in die oomblik” tipe egpaar gepas. Ons het gedink dat ‘n natuurlike en feestelike atmosfeer ons, sowel as ons gaste, sal pas.  Die meer ontspanne en natuurlike agtergrond sou toelaat dat almal se persoonlikhede lewendig word en vir ‘n onvergeetlike aand sorg.

Was julle met wittebrood?


Die Wagners het gaan wittebrood in Thailand, Patong.  Dit was ons altwee se eerste keer op reis na ‘n ander land.  Van snorkel saam met visse wat uit jou hand pynappel eet tot Songkran fees 2017, wat die Thailandse nuwejaar viering is, bywoon.  Dit was betowerend in elke manier moontlik.

Wat sou jul verander het as jul kon?


Ek kan regtig met ‘n eerlike hart sê dat daar niks is wat ek ooit sou wou verander nie. Alles was perfek en spontaan soos ons dit wou hê.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?


Laat elke element van julle troudag, julle as egpaar verteenwoordig.

Wat was julle trou begroting en hoeveel het julle troue op die einde gekos?


Ons het begroot om ‘n R150 000 op ons troudag te spandeer, ons het goed en deeglik beplan om soveel as moontlik uit ons begroting te kry. Hoe wonderlik is dit nie vir ‘n vrou om terug te kan staan en vir eens te kan verklaar dat sy in haar begroting gebly het nie? Ek dink dit verdien ‘n handeklappie!


Diensverskaffers: