Beplan Jou Troue 7 Van 12

Ons het verlede maand die sesde van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Hierdie is maand sewe van twaalf.  Met ander woorde ses maande voor jou troudag.  Dit is die nodige informasie wat oor twaalf maande opgebreek sal word in kleiner stukkies, sodat dit nie so oorweldigend is om jou troue te beplan nie.  Lees mooi deur elke een van die hoofpunte, om seker te maak wat jy moet doen.  Om ‘n troue te beplan is baie stresvol, veral as jy dit self beplan, maar Mooi Troues help jou om dit maklik en pynloos te doen.  Klik hier om meer advies artikels te lees.

As jy nog nie die punte in ons vorige artikel gedoen het nie, moet nie stres nie, jy kan dit doen tussen in ‘n korter periode.  Hierdie artikels is slegs ‘n gidslyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ‘n jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres. Daar is niks fout daarmee nie.


WAT JY TEEN DIE TYD MOES DOEN:

As jy nog nie begin beplan het nie, moet nie stres nie, jy het nog sewe maande van beplanning oor.  Dit beteken net dat jy meer moet doen oor ‘n korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, jy sal net meer moet fokus en aandag gee aan jou beplanning proses.

Jy moes nou teen die tyd die volgende gedoen het of baie naby wees om die volgende te doen:

  • Begroting: Moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Datum van jou troue.Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ‘n datum kan jy niks boek nie.
  • Venue: Gefinaliseer het en geboek het.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat jy dit teken.
  • Bekende Diensverskaffers: Ontmoet het en begin boek het.  Bekende Diensverskaffers is lank voor die tyd uit geboek, so om seker te maak jy kry hulle vir jou troue, sal jy hulle spoedig moontlik moet boek.
  • Besluit het of dit ‘n Selfdoen troue gaan wees en of jy ‘n Koördineerder gaan huur. Dit is nou die tyd om dit definitief te finaliseer.  Koördineerders kort ook tyd om troues te beplan. Jy sal nie hulle enigste kliënt wees nie.
  • ‘n Idee begin kry oor watter tiepe dekor jy van hou, styl van die troue en ook begin rondkyk het na al die verskillende Diensverskaffers wat jy sal benodig vir jou groot dag.
  • Fotograaf en Videograaf geboek het
  • Trou-gevolg gekies het
  • Versekering
  • Gastelys finaliseer het
  • Reeds besluit het op jou trourok
  • Reeds besluit het op die koek en koekbakker
  • Jou bloemis geboek het
  • Begin verblyf geboek het vir die bruidspaar en ook gaste.  Onthou hoe vroeër jy plek boek hoe goedkoper sal die prys wees.
  • Wittebrood begin beplan het
  • Trou Offisier/Amptenaar geboek het
  • ‘n Verhuring besigheid:Ingedagte het in die geval dat jul self die trou dekor doen en beplan.
  • Spyseniering:Begin proe en heel moontlik geboek het
  • Beligting en elektriese benodighede.
  • Grimering- en Haarstilis geboek.
  • Grimering-en Haar proefloop
  • Skryfbehoeftes
  • Spaar die datum kaartjies uitgestuur het
  • Vermaak vir buitelandse gaste
  • Verlowing fotosessie
  • Vervoer vir jou gaste

SEREMONIE BESONDERHEDE

Begin belangrike detail bespreek met jou verloofde oor jou seremonie.  Byvoorbeeld: Geloof versies, familie tradisie en jou eie geloftes.


ONTMOET MET JUL TROU-OFFISIER

Dit is die beste om dit teen die tyd te doen, want jou trou-offisier mag dalk meer idees gee oor hoe jy julle seremonie kan vergemaklik of iets spesiaals kan maak.  Jy kan ook die fyner besonderhede van jou seremonie met jou trou offisier uitklaar, sodat julle albei weet wat vir wat gaan en wat julle as ‘n paartjie wil hê.


KIES DIE PERSONE OP SPESIFIEKE ROLLE TE VUL

Daar is baie rolle by ‘n troue wat verskillende mense moet vul, soos die blomme meisies, lesers, inluiers en seremoniemeester.  Begin te dink om mense se name langs elke rol te sit, sodat jy hulle kan kontak om te hoor of hulle belangstel om die rol te vul.  Dit is ‘n spesiale en belangrike ding om te doen.


DANS KLASSE

As jy nie kan dans nie, maak seker jy gaan vir danslesse as julle die dansvloer gaan oopmaak of as daar ‘n dansvloer gaan wees by julle troue.  Boek dans klasse vir jou en jou verloofde om seker te maak julle albei saam dans.  Jy hoef nie ‘n professionele danser na die klasse te wees nie, maar moet net goed genoeg kan dans sonder dat jy omval en mekaar beseer nie.


KIES JOU MUSIEK VIR DIE ONTHAAL

Begin ‘n lys te maak van jou musiek keuse wat jy graag wil speel by jou troue.  Dink ook aan musiek wat speel terwyl daar geëet word of sagte agtergrond miskien of instrumente terwyl daar toesprake gedoen word.  Dan musiek vir die dansvloer en ook net in die algemeen.  Die laaste ding wat jy wil hê by jou troue is dat daar nie musiek is nie en alles doodstil en ongemaklik is nie.  Kies ook ‘n goeie platejoggie en nie net die goedkoopste, beste opsie nie.


Artikel Krediet:

1 Comment

Comments are closed.