André & Chrizelda se plaastroue

‘n Boerseun en sy Plain Jane sweer eg aan mekaar op ‘n plaas in die Vrystaat en ons by Mooi Troues is bly ons kan hulle troue met ons lesers deel.

Ons praat hier van die troue van André en Chrizelda.  Die paartjie het met baie hulp van hul familie ‘n selfdoen troue gehad wat die plaas tema eer doen.

Mooi Troues is versot op Chrizelda se trourok met pêrels wat agter haar oop rug afhang.  Definitief een van die mooiste rokke wat ons in ‘n tyd gesien het.

Geniet die fotos onder en vind inspirasie as jul ‘n egte plaas tema troue wil hê.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ons Boeties was saam in Matriek, Chrilzelda moes hul verskeie kere op en af ry, so sy het die hele familie geken voor sy vir Andre ontmoet het.  Die boeties wou een naweek ‘n LAN (rekenaar speletjies) naweek hou, en daarvoor het hul André se rekenaar nodig gehad.  Andre het ingestem, maar op een voorwaarde –  hul moes ‘n afspraak reël vir André met Chrizelda.

Wat was die tema van die troue?


Die tema was plaas vir die troue, Chrizelda is ‘n Plain Jane.

Hoekom het jul die venue gekies?


Ons het op ‘n Familie plaas getrou.

Wat sou jul kon verander as jul kon?


Niks, die troue het goed verloop en almal se hulle het die troue geniet.

Vertel ons van jul wittebrood?


Ons was na Viëtnam – Ons het ‘n absolute smag na avontuur en die onbekende.


Advies vir ander paartjie wat besig is om hul troue te beplan?


Ons was geseënd genoeg dat ons families baie betrokke was en ek en Chrizelda kon amper terug sit en ontspan.

Hoeveel was jul begroting?


Ons het R 80 000 op ons troue spandeer.


Diensverskaffers;