Skryfbehoefte geïnspireer gestileerde fotosessie

Skryfbehoeftes is ‘n belangrike aspek van enige troue en strek van “Onthou die Datum” voor die dag, tot die spyskaart op die dag en “Dankie sê” kaartjies na die dag en soveel tussen in.  Hier onder kan jul nou sien hoe verskillende skryfbehoeftes gebruik word by ‘n troue en die belangrikheid daarvan om seker te maak jul belê in goeie gehalte ontwerp skryfbehoeftes.

Wat was die inspirasie vir die fotosessie?


Die inspirasie agter die fotosessie was om ‘n klem op die skryfbehoeftes te lê – ‘n voorbeeld van hoe die skryfbehoeftes saam met die dekor/blomme werk en ‘n fokuspunt word.  Die idee is om te wys dat ‘n goed – uit gelêde ontwerp, kwaliteit papier en goeie drukwerk ‘n groot verskil kan maak.

Wie het die fotosessie  gereël?


Elaine van I Do – Creative Concepts het opgekom met die idee van die Marmer fotosessie en het baie na saam Dee van Countless Blessings gewerk om die konsep te bewaarheid.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek wou graag ‘n fotograaf gebruik het wat sag is met lig, sodat die konsep nie te hard uitkom nie.  Marika is fantasties om die natuurlike lig te gebruik en dit help om die hele konsep saam te trek. Hertford se saal was natuurlik perfek, met al die wit en die glas.  Dee van Countless Blessings se blomme rangskikkings is baie natuurlik, tog dramaties.   Melissa van Honey Bee Baker se troukoeke is uit die boonste rakke.   Ek was baie kieskeurig met die verskaffers en ek kan nie meer trots wees dat hulle almal ja gesê het.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Behalwe vir die fantastiese resultate wat ons gekry het in die foto’s, is die spesiaalste deel die verhoudings wat ons opgebou het deur hierdie fotosessie.  Dit is vir my baie belangrik om goeie verhoudings te behou met verskaffers wat saam met my in die industrie werk, veral omdat ek baie “agter die skerms” is.  Dis wonderlik om nou sulke talentvolle verskaffers vriende te kan noem.

Advies vir paartjies wat die inspirasie wil volg?


Speel bietjie met jou skryfbehoeftes – dis nie net die dekor/blomme wat ‘n rol speel nie.  ‘n Mooi spyskaart kan net so groot impak hê soos ‘n mooi onderbord of servet.  Skryfbehoeftes is soveel meer as net kaartjies.

Diensverskaffers