‘n Suiwer & vlekkelose bruid gestileerde fotosessie

‘n Nuwe lewens uitdaging is vir die paartjie Ludwig en Karien gegee.  Hul het verhuis na ‘n nuwe dorp en toe ook sommer ‘n besigheid gekoop.  Dit was al lankal hul droom om saam as man en vrou te kan werk.  Karien het haar niggie Carmaine ook betrek en saam het die trio begin troues beplan en vele meer dienste wat hul lewer.

Met die fotosessie maak hul hulself bekend aan Mooi Troues lesers en wys ons lesers waarnatoe hulle in staat is.

Ons by Mooi Troues wens die drie al die beste sukses vorentoe.

Inspirasie vir die fotosessie?


Ek, Karien, en my niggie, Carmaine, het onlangs begin om saam te werk aan troues.  Ons albei hou van ‘n Vereenvoudigde en Gesofistikeerde styl.  Charmaine is ‘n professionele fotograaf en ek is ‘n geleentheids beplanner; blomme rangskikker; koek stilis; funksie dekor stilis en professionele grimeerkunstenaar, insluitend hare en naels.

Ons het gebruik gemaak van die geleentheid om ons talente bymekaar te voeg en iets te produseer wat ons besighede se identiteit, en visie kan uitbeeld in ‘n fotosessie.

Ek en my man, Ludwig, droom al jare lank van ‘n besigheid waar ons saam kan werk sodat ons ‘n verskil in die wêreld vir God kan maak.  Ons het onlangs verhuis en saam met die skuif ‘n “trou” besigheid oor gekoop wat ons ‘n stappie nader aan ons droom bring.

Ons glo hierdie is ‘n nuwe roeping om as paartjie ‘n inspirasie vir ander paartjies te word.  Daardeur wil ons met hulle deel van wat ons al geleer het en ‘n steunpilaar word wanneer die storms kom.  Sodat ons hulle kan help om op God se woord te staan en vertrou.

Ons twee het hierdie maand ons eerste troue aangepak en geniet dit baie om saam te werk.  Ons het hierdie fotosessie gesien as ‘n baken van ons nuwe avontuur.  Saam is ons beter!

Vertel ons van die dekor inspirasie?


Ek en Carmaine is baie opgewonde om in die trou bedryf te wees.  Ons is ook dankbaar vir die geleenthede wat ons kry om saam te kan werk.  Ons het die betekenis van ons besighede ontleed en vir God gevra om ons te lei om Sy visie uit te beeld vir die troues wat ons saam gaan doen.  Ons het albei gevoel die tema gaan oor: “’n Suiwer en vlekkelose bruid”.  Woorde wat vir ons uitgestaan het sluit in: Suiwer, Deursigtigheid, Goud, Grond, Liefde, Lig, Vrugbaarheid en Floreer.

Dit was so gepas dat ons op die ou end vir my en Ludwig as modelle gekies het.  Ons is nou 7 jaar getroud en ek glo na ons 7 sakke sout met God as ons alles floreer ons!

My naam beteken “suiwer” en die rok het ons daarvolgens gekies.  Wit met kant wat suiwerheid en deursigtigheid uitbeeld.

Ludwig se trui is die mooiste Marsala kleur, wat die granaat pitte op die koek komplimenteer, dit stel die liefde voor, asook die bloed van Jesus.

Ek het ‘n heerlike wortelkoek gebak, en as versiering, vye en granaat pitte gebruik om vrugbaarheid voor te stel.

Die kerse op die tafel stel die lig voor.  Carmaine se besigheid, Lovelight Photography, straal die tipe persoon wat sy is uit en wat God deur haar talent doen.  Sy en haar werk straal God se liefde en lig uit, en almal wat die voorreg het om van haar dienste gebruik te maak sal getuig van die unieke ervaring wat ‘n mens beleef saam met haar.  Sy is ‘n lig op ‘n heuwel.

Ons het ook gevoel om as ‘n paartjie ‘n foto te neem met die aardbol in ons hande om God te herinner aan Sy belofte aan ons dat Hy vir ons die nasies sal gee as ons Hom vra, sodat ons ‘n verskil in ander se lewens kan maak en hul na Hom toe kan lei.

Ons tafel versierings is van glas, gevul met grond en olyfboompies.

Die glas stel die deursigtigheid voor wat God verlang in ons huwelik.  Die grond wat jy daardeur kan sien en die “mos balle” wat bo hang stel voor, soos Jo Black sê:  Ons is Grond, waarin God plantjies plant en ons so sal gebruik om ander te bedien.  Om uit te gaan en die passie wat God in ons harte geplaas het te deel sodat dieselfde prentjie van ‘n bruid en ‘n bruidegom die prentjie van Christus en sy bruid voorstel.  In God se naam sal ons huwelike op die rots bly staan teen satan se planne om die prentjie te vernietig.

Dan die olyfbome wat vrugbaarheid uitbeeld, wat my en Ludwig se gebed is vir elke paartjie wat ons ontmoet.

In Psalm 92:12 staan dat God wil hê ons moet floreer in elke seisoen van ons lewe, daarom is dit ons gebed vir elke huwelik.

Hoekom is die plek gekies vir die fotosessie?


Die inspirasie agter die plek is die tipe troues waarin ek en Ludwig graag wil spesialiseer.  Oggend troues, tussen die bome, by ‘n gedekte fees tafel waar familie saam met die bruid en bruidegom hul nuwe lewe kan feesvier.

Ek en Carmaine was oor Paasnaweek in die Overberg by ons familie en het gevoel dat dit die perfekte tyd is om die fotosessie te reël en ons familie te betrek.

Ons het op sosiale media adverteer dat ons graag in daardie omgewing ‘n gestileerde fotosessie wil doen en Stanford Hills Estate het ons genader om op hul plaas te kom afneem tussen die mooiste denne bome.

Die dennebome staan simbolies vir God se belofte dat hierdie standvastige bome selfs in woestynagtige omstandighede kan floreer in die rigting van die hemel.


Diensverskaffers: