FC & Lizabelle se verlowing fotosessie in die natuur

Met die besluit om te gaan met iets anders as die norm het FC en Lizabelle die regte fotograaf gekies om hul verlowing fotosessie in die mooi natuur was te vang.  Ons by Mooi Troues is verlief op die kleur van Wiaan Coffee Photography se fotos, wat ‘n donker, maar tog helder effek het.  Regtig iets uniek en paartjies wat iets uniek soek, sal nie teleur gesteld wees met die produk nie.

 

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Wel, FC en my ouer sussie was pêlle op skool gewees.  Ons het vir die eerste keer mekaar ontmoet toe hy verbruikers studie prakties gehad het tydens pouse waar hy van sy heerlike baksel met ons gedeel het.  Die eienskappe wat my na hom getrek het en steeds doen is dat maak nie saak wat gebeur of ons omstandighede nie, hy het altyd ‘n plan en ‘n visie vir die toekoms.  Die eienskappe wat my na haar getrek het was  haar sag geaardheid en omgee vir ander mense en die sagte manier waarop sy my lief het.

Vertel ons meer van julle verlowing?


So twee weke voor die tyd was ek vertel dat hy by die werk ‘n geskenkbewys van ‘n kliënt ontvang het as ‘n dankie.  Ek was in my noppies toe ek uitvind die ete sal plaasvind by De Oude Kraal aangesien ek net gaande is oor hulle ongelooflike lekker kos.  Sowat twee dae voor die tyd was ek bederf om my naels te laat doen vir ‘n “Dankie vir al jou harde werk” sessie.  Op die dag is daar ook vir my gesê dat dit nou nie meer ‘n ete is nie, maar wel ‘n “massage”-geskenkbewys

Die dag wat ons verloof geraak het was alles eintlik heel chaoties by die werk soveel so dat ek vir FC gesê het ons kan maar die ete ens. los ek verstaan hy brand vas en daar is nou nie veel wat ‘n mens daaraan kon doen nie.

Met ‘n gejaag om die afspraak na te kom is ons toe uiteindelik op pad en so warm verwelkom.  Om ‘n lang storie kort te maak het FC die hele plek vir net die twee van ons bespreek en daar was kerse en harte orals (en heerlike kos!), tot roosblare wat gelei het na ‘n tafel vol rose met ‘n kaartjie wat gelees het…Sal jy met my trou…en die man wat hier op sy een knieg voor my neersak.

My asem was letterlik weggeslaan en na 11 jaar wat ons mekaar ken is die man wraggies steeds vol verrassings!

Vertel ons die inspirasie vir die verlowing fotosessie?


Almal sê nogal dit lyk soos iets uit “The Notebook” uit alhoewel die inspirasie was om bietjie iets anders te doen as die norm en die uitstappie was  self baie prettig gewees!

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons droom troue sal ietsie in die natuur met ‘n goeie mengsel van sprokie en klassiek wees omring met mense wat ons liefhet.

Diensverskaffers: