Schalk & Zenmari se Stellenbosch verlowing

Die aantreklike paartjie Schalk en Zenmari het ‘n baie mooi verlowing fotosessie in die strate van Stellenbosch gehad en ons by Mooi Troues is opgewonde om die fotosessie met ons lesers te kan deel.  Hopelik sal Mooi Troues die paartjie se trou dag ook met ons lesers.



Vertel ons hoe het julle ontmoet?

My en Schalk se paaie het 3 jaar gelede gekruis op ‘n laat aand in die strate van Stellenbosch.  Ons liefde vir mekaar het begin blom in Februarie 2016.  Ek het verlief geraak op Schalk se liefde vir die Here, die  lewe, natuur en sy avontuurlus.  Hy is een van die sagmoedigste mense wat ek ken en hy leer my  elke dag iets nuut.  Ek sien vreeslik uit na al ons avonture saam.



Vertel ons meer van julle verlowing?

Ons het verloof geraak gedurende ‘n begeleide staptog in die Kruger Wildtuin, net na 08:00 die oggend het Schalk op sy knie gesak en die groot vraag gevra.  Min wetend in my Khaki pakkie het ek op my knieë gesak en dadelik my  arms om hom gegooi en begin huil.  Dit was so ‘n spesiale oomblik.



Vertel ons die inspirasie vir die verlowing fotosessie?

Ons woon in Stellenbosch en die dorp het nog altyd vir ons wonderlike memories ingehou.



Vertel ons wat is jul droom troue?

Ons bruilofsfees is op ‘n pragtige plaas genaamd Elandskloof Gasteplaas.  Die plaas is geleë 25km buite Greyton tussen prentjie mooi berge en ‘n rivier waar 105 gaste kan saam kuier.  Ons het besluit om ‘n 3 dag lange  fees te hou met al ons naaste familie en vriende .



Diensverskaffers: