Groen Genot gestileerde fotosessie

Die inspirasie vir die gestileerde fotosessie is die Pantone kleur van 2017 naamlik Groen.  Groen simboliseer lewe en die span diensverskaffers wat saam gekom het om die fotosessie bymekaar te sit het baie goed in hul taak gevorder.



Inspirasie vir die fotosessie?

Die Pantone –kleur van 2017, naamlik Greenery, het gedien as inspirasie.  Groen Genot: dis is presies waaroor die fotosessie gegaan het, om die vreugde van “groen” as kleur te vier en die aardse, organiese elemente van hierdie kleur in al sy variasie na vore te bring.



Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?

Die diensverskaffers is gekies omdat elkeen die “groen”-inspirasie op sy/haar kreatiewe manier na vore gebring het.  Van die dekor tot die rok.  Ons was saam opgewonde en dadelik aan die beplan!



Wie het die fotosessie  gereël?

Die Fotograaf PerfectBlue Photography het hierdie fotosessie gereël.



Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?

Al die elemente het saamgewerk om ons geheelbeeld te verwesenlik.  Ek sal nie een enkele deel van hierdie fotosessie kan uitsonder nie…  Al die elemente was ongelooflik mooi en ons het lekker saam gewerk die dag.  Nooitgedacht as venue was die perfekte plek om ons groen –fantasie te laat waar word. Daar is pragtige tuine, die mooiste groen prieel en lieflike, ou bome.



Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?

Ons is geseënd met die ongelooflikste natuurskoon rondom ons, gebruik natuurlike, organiese elemente as deel van jou spesiale dag.  Groen is natuurlik en tydloos.



Diensverskaffers: