Christo & Natasha se romantiese troue by Langkloof Roses

Christo en Natasha het hul troue by Langkloof Roses gevier en Susan du Toit het die spesiale oomblikke of kiekies vasgevang en ons is baie bly om dit met julle op Mooi Troues te kan deel.

Ons by Mooi Troues hou baie van Natasha se rok wat gemaak is uit lae kant materiaal, haar grimering en hare styl vir die troue bring daardie innerlike skoonheid waarvan Christo ons vertel het.

Dit was ook ‘n baie oulike idee dat die paartjie mekaar groet voor die seremonie alhoewel Christo ‘n blinddoek gedra het.  Dit is ‘n tendens wat ons meer en meer sien by troues deesdae.

Die tafel dekor en rose uit Langkloof Roses se tuin het ‘n rustieke en Romantiese atmosfeer geskep en alles is mooi afgerond.



Vertel ons hoe het julle ontmoet?

15 Maart 2014 het ek hom vir die eerste keer gesien.  Van heinde en verre verbind die Here toe ons paadjies, by ‘n troue van alle plekke!  ‘n Jaar later was ons verloof.  Christo se oë loop oor van wie hy is, en is my absoluut gunsteling deel van hom.  As ek moet eerlik wees was haar boude die eerste eienskap wat my mal gemaak het oor haar, maar toe ek eers met haar gesels was wie sy is soveel mooier.



Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?

Ons styl van ons trou was Rustiek en Romanties.  Ons het inspirasie gevind op Pinterest en ander troues.
Ons het Langkloof Roses gekies, omdat dit absoluut ons menswees weerspieël het.  Ons is albei warm mense.



Was julle met wittebrood?

Ja, ons was Zanzibar toe!  Warm water, fantastiese kos,die vriendelikste mense en die mooiste natuurskoon is net ´n paar om te noem van hierdie ongelooflike 7 dae.  Ons sal enige paartjies aanbeveel om hulle wittebrood daar te vier.  Ons sal môre terug gaan as ons kon!



Wat sou jul verander het as jul kon?

Ons sou graag ´n warmer dag wou gehad het, maar ongelukkig kan niemand dit bestel nie.



Wat was julle trou begroting?

Ons begroting was R90 000, en ons het so R 100 000 spandeer. ´n Mens dink nie altyd aan al die klein goedjies nie.



Diensverskaffers: