Wen Twee Nagte by Monate Game Lodge

Wen Twee Nagte by die luukse Monate Game Lodge ter waarde van R 8 800.  Die prys sluit in akkommodasie vir ‘n paartjie vir twee nagte by die Monate Game Lodge.  Dit sluit ook in drie etes en twee wilds-ritte per dag.  Monate Game Lodge is ‘n vierster-bestemming slegs 160 kilometer vanaf Centurion, geleë in Limpopo op bykans 2000ha wildsplaas.  Die oord self bied aan: twee swembaddens, twee Jacuzzis, mini-gholfbaan en opsionele spa behandelings vir gaste om te geniet.  Die plaas huisves leeus, buffels, seekoeie, krokodille, kameelperde, sebras, ‘n verskeidenheid bok-spesies asook bykans 50% van Suid-Afrika se voëlspesies.



Baie Gelyk Luzaan Lockhorst



TERME EN BEPALINGS: 

  • Inskrywings sluit 12 Mei 2017 en die wenner word 15 Mei 2017 aangekondig op Mooi Troues se Facebook blad.
  • Vlugte en Vervoer tot by Monate Lodge nie ingesluit nie.
  • Die prys kan nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.
  • Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes en die prys wat jy sal wen, sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  • Besprekings is noodsaaklik en onderwerp aan beskikbaarheid.
  • Prys kan nie verruil word vir kontant nie.
  • Prys geldig tot 31 Julie 2017 met verwysingsnommer wat aan wenner verskaf sal word.
  • Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  • Enige skendings op poging om enige van die termes en voorwaardes te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  • Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.