Thys & Mariska se Noord Wes plaastroue

Die Noord Wes provinsie spog met Thaba Tshwene Game Lodge wat ‘n mooi plek is vir paartjies om eg aanmekaar te sweer voor al hul geliefdes.  Mariska het die venue se dekor met Rose Goud en Eukaliptus laat versier en die kleure het Thaba Tshwene Game Lodge se venue mooi komplimenteer.

Creative Heroes het die dames se grimering gedoen en hul innerlike skoonheid na vore gebring.  Creative Heroes het ook die skryfbehoeftes vir die troue ontwerp.


 


Vertel ons van jul ontmoeting?

My vriendin het my al n paar keer vertel van hierdie man waaraan sy my wou voorstel, alhoewel ek vir haar gesê het ek stel glad nie belang nie het ons op n spontane aand uit in Pretoria ontmoet.  Ons het 3 dae later op n vinnige koffie afspraak gegaan en ons kon nie ophou gesels tot 01:00 daai oggend nie en die res is geskiedenis soos hulle sal sê.  Ons ooreenstemmende waardes het ons na mekaar toe aangetrek.  Thys sien alles net mooi en hy is n baie positiewe en standvastige mens.  Hy is my beste vriend en rots.  Thys se altyd my sagaardigheid en eerlikheid het vir hom die deurslag gegee.



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Meeste van my inspirasie het ek op Pinterest gekry.  Ek is mal oor Rose Goud en Eukaliptus en die kleure het net vir my wonderlik saam gewerk.  Ek en Thys was beide mal oor die Wildsplaas gevoel wat die venue geskep het.  Dit was ook vir ons lekker om die hele naweek saam ons familie en vriende te kon spandeer weg van alles af.



Was julle met wittebrood?

Thys het my verras met ‘n fantastiese week in die Maldives. Ek het eers op ons tweede vlug geweet waarnatoe ons op pad is.  Alles van ons vakansie was ongelooflik, die natuur, die see, die seelewe en die kos.  Mens besef nie hoe moeg jy is na jou troue nie en n week alleen saam hom op n eiland was net wat ons nodig gehad het.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Om ‘n troue te reël is wonderlik maar dit kan lei tot baie frustrasie en onnodige konflik.  Moet nooit vergeet hoekom julle trou nie en geniet elke oomblik, dit is in ‘n oogwink verby.  Lag lekker saam en neem alles in.  Julle lewens pad saam begin op hierdie dag.



Diensverskaffers: