Wen ‘n R 3 500 Troukoek tafel

Wen ‘n Troukoek tafel ter waarde van R 3500 by die talentvolle L’s Creations. Die koek tafel sluit gewoonlik in ‘n “Naked cake” met “cake topper”, klein kaaskoekies, verskillende geure kolwyntjies, “Cakepops”, “Fudge”, “Macaroons”. Alles word op die dag opgestel deur L’s Creations en jy sal ‘n sprokies mooi koek tafel hê, waaroor jy nog altyd gedroom het vir jou troue.



Baie Geluk Keiza Ross



TERME EN BEPALINGS: 

  • Inskrywings sluit 12 Mei 2017 en die wenner word 15 Mei 2017 aangekondig op Mooi Troues se Facebook blad.
  • Aflewering nie ingesluit in die prys nie.
  • Prys slegs geldig vir troues in 2017.
  • Indien jou tafel opsies meer as R 3 500 bereik, sal jy verantwoordelik wees om alles bo R 3 500 te betaal voor die dag van jou troue.
  • Die prys kan nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.
  • Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes en die prys wat jy sal wen, sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  • Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  • Enige skendings op poging om enige van die termes en voorwaardes te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder en kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  • Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.