Gratis Vingerafdruk Gasteboom

‘n Prettige aktiwiteit om jou gaste mee besig te hou terwyl julle foto’s neem. In plaas van‘n tradisionele gaste boek waarin gaste ‘n boodskap vir die bruidspaar moet skryf, waarom vra julle nie liewer om hulle vingerafdruk agter te laat nie.  Die kreatiewe Selmarie Slot het vir jou die perfekte ontwerp gemaak.  Laat druk ‘n A2-papier.  Koop helder kleur ink en plaas dit by die banier neer. Gaste kan nou na hartelus hul kreatiwiteit uitleef en die kaal boom weer vol vingerafdruk ‘blare’ maak.  Nadat hul hulle vingerafdruk gelos het, skryf hul net  hul name by.  Die banier kan nou geraam word en êrens teen ‘n muur in julle huis hang ter herinnering aan julle mooi dag, en die spesiale mense met wie julle dit gedeel het.



LAAI AF:

NAAM:

E-POS ADRES:



Krediet: