Chondre & Taryn se verlowing

Ons by Mooi Troues het al baie stories gehoor oor paartjies wat mekaar deur vriende ontmoet en Chondre en Taryn se storie staan uit bo die res.  Ons is ook gek hoe die fotograaf die onvergeetlike oomblik op kiekies vasgevang het.



Vertel ons van jul ontmoeting?

Ek en Chondre  het op ‘n onverwagte manier ontmoet.  Ek het vir aandete gegaan om ‘n vriend van my se nuwe kêrel te ontmoet wat toe Chondre was!  Dit het ons ‘n oomblik geneem om te besef dat ons mekaar van êrens ken en dit was dat ons op dieselfde laerskool was.  Ons het later vriende geword en onnodig om te sê kort daarna te sê dat hy nie meer met my vriend uitgegaan het nie.

Chondre het ‘n baie selfversekerde en pragtige persoonlikheid wat my aangetrek het.

Dis Taryn se glimlag wat my na haar toe aangetrek het.  Haar skaam persoonlikheid, die manier waarop sy sal bloos as ek ‘n grap maak.



Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Ons verlowing en verlowingfoto’s het alles in een gebeur!

Taryn het altyd gesê sy wil verras wees en wegblaas word as ek haar moet vra om te trou.  Na talle gesprekke met my ouers en toekomstige Skoonma het ek gedink dat Taryn altyd gepraat het oor ‘n ander fotosessie om foto’s by te voeg aan die album van die laaste fotosessie. Ek stel voor die idee van die fotosessie vir haar as ‘n geskenk met die feit dat ons saam vir 8 jaar al is.

Die fotosessie het plaasgevind in ‘n bos in Robertson.  Ons geniet dit om te reis en dus besluit het op ‘n plek buite Kaapstad vir die fotosessie.

Die fotosessie het begin as ‘n normale paartjie-fotosessie, en teen die einde het Chondre op een knieg gegaan terwyl daar pragtige lig deur die bome skyn.  Ek was so oorweldig en het net gehuil deur die hele proses en selfs die fotograaf wou ‘n traan stort. Wat my so gelukkig gemaak het, is dat die oomblik op kamera vasgevang is en nou sal ons dit altyd kan terug kyk.



Vertel ons wat is jul droom troue?

Ons droom troue sal wees iets eenvoudig en gevul wees met pret en lag wat beide ons persoonlikhede pas.



Diensverskaffers: