Rickus & Dominique se plaas troue

Rickus en Dominique het ‘n mooi plaas troue gehad in die Limpopo provinsie by MonCherié venue. Die manier hoe  Rickus en Dominique ontmoet het is definitief een vir die boeke.

Dominique het beeldskoon gelyk in ‘n rok van Timeless Bridal Couture.

Die paartjie se spesiale dag was was gevang deur die bekwame Charl van der Merwe Photography wat MonCherié soos die palm van sy hand ken.  Paartjies is gemaklik met Charl en ons kan die resultaat in sy fotografie sien.  Welgedaan Charl.

Vertel ons hoe het julle ontmoet?


Ek het perongeluk vir Rickus raak geslaan met ‘n hokkiebal in Graad 8.  Sy reaksie het gemaak dat ons altwee uitspattig begin lag en ons het dadelik goed oor die weg gekom.  Ons het egter eers twee jaar na skool begin uit gaan.   Ek was aangetrokke tot Rickus oor sy manier van luister en sy geduld!  Rickus sê ek het ‘n manier om te sê wat ek dink ongeag op wie se tone ek trap maar dis nie met die intensie om seer te maak nie.

Wat was die inspirasie vir die tema van jul troue?


Ons is plaasmense.  Ons wou gehad het dit moet mooi en eenvoudig wees.

Wat sou jul  verander as jul kon?


Ons venue en alles was so mooi dat ons niks sou wou verander nie. O ns sou wel wou verander hoe ons gestres het voor die troue oor baie onnodige klein details.

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Kry iemand waarmee julle baie gemaklik voel om julle te help julle troue beplan.  Dit maak dit makliker om ook dan te sê as daar iets is waarvan julle nie hou nie.  Vir die Bruide – maak seker om jou trourok vroegtydig te kry.  Dit haal baie van jou skouers af!

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: