Ons gesels met Rene van Rene H Couture

Mooi Troues bevorder graag plaaslike trou besighede en ons gesels met die dryfkrag en siel agter Rene H Couture, René Heydon.  René ontwerp en maak self elke liewe trourok en het haar hande op elke ontwerp, materiaal en aanpassings.  Met Twintig jaar se ondervinding kan jy gerus wees dat die maak van jou droom trou rok in bekwame plaaslike hande geskep word.  Lees onder meer van die persoon agter die handelsmerk.



Wat wou jy doen toe jy klein was?

My geboorte dorp is Durban waar ek toe grootgeword het in Kloof, Kwa Zulu Natal.  Ek was altyd mal daaroor om met lap en die skêr te speel.  Vreeslik mooi aangetrek in my ma se rokke. Die liefde vir mooi rokke het so ontstaan.



Waar het jou liefde vir trourok ontwerper begin?

Ek het altyd van mooi lap en rokke gehou.  My verbeelding het vreeslik oortyd gewerk veral wanneer dit by histories romantiese rokke gekom het.  Vir my is trourok ontwerp ‘n wonderlike uitlaat vir die kreatiwiteit.



Wanneer het jy Rene H Couture begin?

Ek het vir 3 jaar Mode geswot waarna ek besluit het dat Couture werk my toekoms is.  Ek het toe my besigheid gestig 1997 waarin ek toe begin fokus het op formele en trou-drag.



Wat is jou stokperdjies behalwe ontwerp?

Ek is mal oor pad reise en nuwe plekke ontdek,  verfwerk veral doek en lap, bak & brou en lekker flieks kyk veral daai aksie belaaide flieks. Ek is ook ‘n groot Marvel aanhanger.


Wat inspireer jou in die lewe?

Ek trek inspirasie vir my werk van geskiedenis van rok ontwerp, mooi materiale en die natuur.  Ek vind dat my bruide in hulle eie idees vir hulle droom rokke vir my n groot bron van inspirasie is.



Wat sal jy nog graag wou doen as jy tyd gehad het?

Ek sou graag meer wil rondreis en verken saam met my familie en meer wil olieverf in die natuur.



Watter bekende persoon wil jy ‘n trourok voor ontwerp?

My keuse is nie meer met ons nie maar haar elegansie en styl in ontwerp is inspirerend en sou n fees gewees het om vir haar te kon skep – Grace Kelly



Ontwerp jy net trourokke?

Ek het altyd omtrent alles gedoen maar ek het besluit om net op trourokke te fokus omdat my tyd kosbaar is en ek my eie werk doen. Ek sal nou en dan nog n mooi aandrok of matriek afskeid rok skep.


  • Een sin raad vir bruide wat opsoek is na die perfekte trourok?

Hou jou fokus op jou oorspronklike idee vir jou droom rok en maak seker dat jy kry wat jy soek.  Mag dalk kan koop van die rak anders laat jou rok maak en bestudeer die ontwerpers se portefeuljes dat jy gelukkig is met hulle werk.



Artikel Krediet