Nicus & Yolande se Bosveld Troue

Nicus en Yolande het vir ‘n sagte vintage gevoel styl troue gegaan wat hulle in die Bosveld gehou het.  Nicus het ‘n bokkie uit hout gesny as ‘n borsspeld gedra wat die bosveld mooi inbring my hul troue.  Daar was ook ‘n groot kampvuur wat ‘n knus atmosfeer geskep het en Nicus en Yolande het om die kampvuur die dansvloer oopgemaak.


Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Ons was saam op skool in Nelspruit gewees, Nicus was ‘n jaar ouer en ons het nie regtig van mekaar geweet nie.  Ses jaar later het ons weer ontmoet toe my broer my saam genooi het na gesellighede waar ons gevoelens begin vlam vat het.  ‘n Verhouding was nie noodwendig moontlik a.g.v die situasie met my broer nie, en ook die gevolge wat dit sou inhou nie.  Ons het toe die kans op liefde gewaag!

Nicus: Haar eerlikheid, spontaniteit en sagmoedigheid.

Yolande: aantreklikheid,  spontaniteit, goeie maniere, liefde vir die buite lewe, respek teenoor ander en sommer net alles!



Wat was die inspirasie vir die styl van die troue?

Ons is altwee is lief vir die bos en buitelewe en wou graag ‘n Bosveld troue met ‘n warm bosveld atmosfeer hê.

Tema: Hessian & Kant

Kleur Skema : Mint Groen en sagte Pienk



Vertel ons van jul Wittebrood?

Alles was ‘n verassing tot in met die oggend na ons troue.   Ons was Mauritius toe gewees.  Ons het ‘n ongelooflike tyd gehad.   Baie geëet, buffet van oggend tot aand.  Elke dag die heerlik son en see opgeneem.  Ons was uit op ‘n Spoedboot toer in die Suide van Mauritius gewees waar ons heeldag die beeldskone Mauritius water kon verken en geniet op die boot.  Ons het ook die 7 Vulkaan kleur area besoek, watervalle gesien en nog vele meer.  Elke dag was ongelooflik gewees.



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Troue : Geniet elke oomblik van die beplanning en neem elke sekonde in van die dag.  Beplan alles saam en geniet alles saam.  Doen wat julle graag wil hê vir julle spesiale dag en wat julle insien vir dit om wees.

Getroude Lewe: Julle is ‘n span, en dis die belangrikste aspek in elke faset van julle huwelik. Leer mekaar se liefdetaal ken, en doen moeite vir mekaar want elke persoon ontvang en gee liefde op ‘n ander manier.  Moenie dat jou persoonlike gevoelens voorkeer kry bo jou huweliksbeloftes nie.

Belangrik geniet elke oomblik.


Diensverskaffers: