Junior & Nenane se mooi verlowing fotosessie

Toe ons by Mooi Troues die verlowing fotosessie met die perde in sien was ons verlief.  Junior en Nenane is ‘n baie aantreklike paartjie.  Nenane het beeldskoon gelyk in ‘n Wynrooi rok om die verlowing fotosessie ‘n Middeleeuse gevoel te gee.  Ons hoop die Mooi Troues lesers geniet die fotos.



Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Junior het gekuier saam van ons gemeenskaplike vriende, waarvan die een paartjie op trou gestaan het.  Hy het vir my beste vriendin gevra of sy nie iemand ken wat hy saam kan nooi na die troue nie.  Sy het my BBM pin vir hom gegee en hy het my amper dadelik genooi, maar sonder ‘n enkele woord daarna.  My vriendin het my al intussen oor die situasie voorberei, en kon myself later nie keer om die eerste boodskap te stuur nie – “ So ek hoor jy hou van perde?”

Junior het toe na ‘n paar weke van kletsery vir ‘n rugby toernooi in George gaan speel my amptelik ontmoet in Mosselbaai waar ek gewoon het.  Ek het hom gevat na een van my groot liefdes – Outeniqua Moon Percheron Stud – om te toets of die man rêrig so bielie van ‘n boer is soos wat hy voorgegee het.  Hy het my nie teleurgestel nie, inteendeel, het ek dit tot reg gekry dat hy op een klim!  Ons het smoorverlief geraak binne die week van sy kuier.

Eienskappe wat Nenane aangetrek het: lank, donker en aantreklik, ‘n man soos my pa.

Eienskappe wat Junior aangetrek het: sag op die oog, lus vir die lewe, sterk persoonlikheid, selfde belangstellings.



Vertel ons van jul verlowing?

Junior het ons gevat na Black Horse Trails vir ‘n perde rit deur die Wildernis woude.  Onder by ons halfpad stop langs ‘n rivier was daar vir ons ‘n piekniek gedek.  Na ons bietjie gesmul het, het ons ‘n draai gestap na die waterval se kant. Op pad terug het hy op sy knie gesak, ring uitgehaal en my gevra om sy vrou te word.



Inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Natuurlik waar hy my gevra het om te trou by Black horse trails, en bietjie Middeleeus.



Diensverskaffers