Groen & Roosgoud Botaniese Uitnodiging

Botaniese trou skryfbehoeftes begin meer populêr te raak, veral vandat Groen die kleur van die jaar 2017 is.  Die gebruik van een van Mooi Troues se gunsteling kleur kombinasies, Groen en Roosgoud laat hierdie skryfbehoefte stel wat Selmarie Slot vir jou ontwerp het uitstaan.  Hierdie uitnodiging is definitief baie in die mode as jy in 2017 en vroeg 2018 sal trou.  Die water geverfde takkie illustrasie met tikseltjies Roosgoud foelie-werk oor van die blare gee die uitnodiging daai ekstra tikseltjie elegansie.  Dit is perfek vir ‘n natuurliefhebber paartjie se troue.



Artikel Krediet: 

Ontwerp: Selmarie Slot