Foraged gestileerde fotosessie

“Foraged items is altyd hoogste gehalte” is wat Google sê wanneer jy die woord “Foraged” wil vertaal en soos gewoonlik weet Google beste.  Ons sien ook dat die advies wat Nelani, wie die gestileerde fotosessie beplan het, gee goed van toepassing is en dat minder wel meer is!  Die simplistiese gevoel van die fotosessie skep tog ‘n vars en moderne gevoel en is inspirerend vir bruide wat nog besig is om hul troue te beplan.



Inspirasie van die fotosessie?

Ons wou iets eenvoudig, tog treffend skep, wat wys op die feit dat mens nie baie nodig het, om ‘n pragtige troue te skep nie.  Ons wou ook speel op ‘n sprokies tema, wat die basis van die konsep gevorm het.



Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?

Die span is diegene wat saam met my (die fotograaf wat die fotosessie gereël het) geglo het in die konsep, en wou deel wees van iets anders as die normale gestileerde fotosessies.



Wie het die fotosessie  gereël?

Nelani van Zyl – die fotograaf



Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?

Verseker die baba bokkie wat ons by Fairview gaan haal het.  Hy was die liefdevolste dingetjie, en het perfek ingepas by die tema.  Dit was my (die fotograaf) eerste keer wat ek met ‘n dier gewerk het op ‘n fotosessie, maar die klein dingetjie het almal se werk baie maklik gemaak.



Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?

Minder is meer!



Diensverskaffers: