Dwayne & Alecia se selfdoen troue

Plaas Troues is baie sinoniem met Afrikaans en ons by Mooi Troues is ook opgewonde om vandag boonop ook ‘n selfdoen troue met ons lesers te kan deel.  Ons hou ook baie van die kapel in Waenhuiskraal en die venue met die egte plaas atmosfeer wat so naby aan ons as Afrikaners se harte lê.

Dwayne en Alecia het self die dekor van hul troue gedoen sodat hul gaste duidelik hul persoonlikhede kan sien weerspieël in die dekor wat ‘n goeie balans van bos en fyner oudhede het.


\


Vertel ons van jul ontmoeting

Wanneer ek terug kyk na ons eerste ontmoeting en na waar ons paadjie nou saam loop, is dit duidelik dat die Here ons vir mekaar gestuur het.

Twintig jaar gelede, Dwayne was 7 en ek 4.  Hy het oorkant ons gebly en was beste vriende met my boetie.  Ek was maar net die klein sussie wat alles saam wou doen.

Oor jare het ons kontak verloor, tot en met ek in die selfde Hoërskool as Dwayne beland het. Dit het gevoel soos borrelende liefde uit my hart maar, vir die tweede keer het ons paadjies weer geskei. Dwayne het in Botswana gaan werk en ek was nog op skool.  Dwayne het nooit opgegee op ons liefde!  Hy het sy werk bedank en my weer opgespoor.  Ek dink dit is wat ons verhouding uniek maak.  Ons is al deur so baie en steeds bly Dwayne veg vir wat hy wil hê, en ek vashou aan wat ek voor lief is!



Wat was die inspirasie vir die styl van die troue?

Ons inspirasie was om ons verskillende eienskappe saam te gooi, Dwayne is lief vir bos, eenvoud en rustigheid en ek weer vir antieke mode en fyner skoonheid.

Waenhuiskrans het die bos en plaas lewe waaroor Dwayne gek is en antieke mooihede wat ons dag soos ‘n sprokie laat voel het.  Ons wou dit so gemaklik en lekker as moontlik hou.  Om saam geliefdes liefde en geluk te vier. 



Was julle met wittebrood?

Ons het saam ons wittebrood beplan omdat ons dit perfek vir ons wou hê!  Ons was vir 10 dae in Thailand, Phuket by Centara Villa’s.  Dit was alles wat ons wou gehad het en nog meer!  Ons het in ons eie Wittebrood Villa gebly met die mooiste see uitsig.  Elke dag was ‘n ander avontuur, van in ‘’tuk tuks’’ dans na ‘n laat aand kuier in Bangla Road, Patong na vroeg oggend op vir die boot trippie na Maya Bay ‘’the beach’’ en rond rits in die strate op ‘n bromponie na kilometers kaalvoet stap op die mooiste wit strande.  Daar het ons van voor af verlief geraak op die besonderse mooi van God se skepping.



Wat sou jul verander het as jul kon?

Daar is nie veel wat ons sou verander nie.  Ek dink as ons terug kyk na wat die belangrikste is, is dit dat jou familie en vriende laat saam julle wil kuier en nie ver wil ry nie.

Daar moet beslis baie meer verblyf op die Venue self wees waar meeste van jou gaste kan oorslaap.  Mens trou tog net eenkeer, kuier reg deur!



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Ons het baie geleer en ook baie van mekaar geleer deur om ons droom troue te reël!  As ons raad kan gee aan ander om dit makliker en minder spanningsvol te maak, geniet elke oomblik van die beplanning!  Maak nie saak of die regte kleur borde of die regte musiek is om te kies nie dit gaan so vinnig verby en dit is wat jy die meeste mis na al die gejaag!  Moenie bekommerd wees nie, alles sal in plek val soos dit moet.  Doen wat julle gelukkig maak want dis die begin van julle lewenspad.



Diensverskaffers: