Danie & Zanette se Winter Troue

Wintermaande kan ook ‘n pragtige agtergrond skep vir ‘n romantiese en gesellige troue.  Danie en Zanette was nog baie gelukkig om herfs kleur blare in die wingerde te kry van Het Vlock Casteel in Riebeeck Kasteel.  Wintermaande kan net so populêr wees soos Somermaande veral omdat dit kouer is en nie so ongemaklik is van die hitte nie.  Daar kan ook baie dramatiese en romanties fotos verkry word as julle ‘n goeie fotograaf boek soos Gustav Klotz wat jare ondervinding het en in enige situasie ‘n meesterstuk lewer.



Hoe het julle ontmoet?

Ons het by die ABSA KKNK in Oudshoorn ontmoet.  Dit het so onverwags en vinnig gebeur.  Ons kon ons oë nie van mekaar afhou nie.  Hy was vir my die aantreklikste man wat ek nog ooit ontmoet het.  Die potblou oë het beslis ‘n rol gespeel.  Kom ons sê dit was liefde by die eerste oomblik.



 Wat was die inspirasie vir die styl van die troue?

Ons wou graag in die Winter trou.  Ons was baie gelukkig om nog herfs blare in die wingerde te kry.  Die rooi kleur van ‘n herfsblaar is vir ons besonders mooi.  Vandaar af het ons besluit om die modieuse kleur skakerings van Boergondië, Vuil-Pienk en Pennygum groen te gebruik. Mooi blomme rangskikkings, vintage en ‘n  rustiek gevoel was ons idee vir die tema.



Vertel ons van jul Wittebrood?

Ons is na Europa toe vir ons wittebrood.  Ons het saam met ‘n groep lekker mense getoer.  Ons het 5 lande besoek onder andere Amsterdam, Duitsland, Oostenryk, Italië en Frankryk.  Ons gunsteling is beslis Amsterdam!



Wat sou ons verander?

Absoluut niks.  Dit is die beste gevoel om wakker te word en te besef dat vandag is die Godgegewe dag wat ek met my beste vriend en liefde van my lewe  gaan trou. Ons het ‘n pragtige winterdag in Riebeeck Kasteel gehad.  Dit was alles waarvoor ons twee nog altyd gewens het. Die son het geskyn, ‘n ligte briesie wat waai en die oranje, geel en rooi blare het in die wingerde gehang. Ons het van die begin af geweet presies wat ons wil hê.  Al ons drome het waar geword en ons diensverskaffers het ons verwagtinge oortref. Die dag was perfek.



Advies aan ander wa nog moet trou?

Reël ‘n troue wat niemand anders as julle twee se persoonlikhede reflekteer nie.  Geniet die beplanning en reëlings!  Luister na mekaar en moet nooit vergeet dat julle twee ‘n span is nie.  Ons tyd hier is kort, geniet mekaar en moet nooit ophou liefhê en hande vashou nie.



Diensverskaffers: