Adriaan & Nadia se mooi verlowing fotosessie

Verlowing fotosessies is belangrik nes trou fotos, want dit laat julle as paartjie meer gemaklik maak met jul fotograaf van jul keuse en om te sien of jul wel met die fotograaf se persoonlikheid en styl tevrede sal wees op jul troudag.  Nog ‘n belangrike faktor is om die plek te kies waar julle jul verlowing fotosessie wil laat skiet.  Die agtergrond en elemente speel ‘n groot rol ook in die eind produk.  Geniet die fotos van Adriaan en Nadia se mooi verlowing fotosessie.



Vertel ons van jul ontmoeting?

My (Nadia) niggie het ons aan mekaar voorgestel, ons het eers so paar dae oor die foon gesels voordat ons mekaar in lewende lywe ontmoet het. Ons het mekaar toe by ‘n kuierplek gekry en net dadelik oor die weggekom.

Nadia – Adriaan se spontane persoonlikheid het my dadelik aangetrek en hy het my dadelik laat deel voel van sy vriendekring.

Adriaan – Nadia se sin vir humor en liefdevolle persoonlikheid het dadelik my aandag gevang en dit is vir my twee belangrike karaktereienskappe.


 


Vertel ons meer van julle verlowing?

Ons het vir die naweek na my (Nadia) ouers se vakansie huis in St. Helenabaai gegaan.  Adriaan het beplan om my daardie naweek op die Saterdag te vra, maar het nie geweet hoe en waar hy dit wil doen nie.

Ons het die Vrydagaand op die stoep gesit en braai, wyn gedrink en musiek geluister; En toe ek kyk hier sit hy langs my met die ring en vra my om te trou.  Ek was in my japon, maar gelukkig was my naels gedoen.

Dit was absoluut spontaan gedoen en dit was vir my die beste oomblik ooit omdat die emosies so eg was.



Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Ons kon nie besluit het waar ons die fotosessie wou doen nie, ons wou iets anders doen.  Een van my kollegas het my toe vertel van Babylonstoren. Ek het bietjie op hulle webtuiste gaan krap en was dadelik mal daaroor.  Dit het ook nie baie gevat om vir Adriaan te oortuig nie.  Dit is absoluut pragtig daar.



Diensverskaffers: