Zach & Andrea se mooi troue

Hoërskool liefdes Andrea en Zach het eg aan mekaar beloof na baie jare saam.  Die troue was gevier in die Vrystaat en die dekor van die troue was so beplan as die paartjie oor Tien jaar weer na die trou fotos kyk dat dit net so mooi is soos die dag wat hulle getrou het.  Ons by Mooi Troues is mal oor die Grys kleurskema waarmee die paartjie hul trou dekor opgestel het. Die troue is regtig inspirasie vir paartjies wat graag in die Vrystaat wil trou. Geniet die fotos.



Hoe het julle ontmoet?

Ons het mekaar aan die begin van ons Hoërskool dae ontmoet. (Ek was Graad 8 in Eunice Girls High en hy Graad 9 in Grey College).  Deur ons skoolloopbaan het ons mekaar beter leer ken en aan die begin van my matriekjaar het hy my uitgevra en die res is geskiedenis.



Inspirasie vir tema:

Ons wou ‘n moderne troue hê wat ook n sagte en romantiese gevoel skep.  Ek het baie gespeel met kerse en kristal kandelare.  Ek is mal oor wit en grys daarom het ek besluit om dit die kleure van ons troue te maak.  Ek het iets gesoek wat tydloos is, ek wil oor tien jaar kan terugkyk en die dekor moet nogsteeds vir my mooi wees.  Ek het ‘n borduur-besigheid en daarom het ek besluit om self die servette te maak en ons trou logo daarop te borduur om dit bietjie meer persoonlik te maak. My ouma het vir my kussings gebrei met mooi woorde op en dit het ook mooi ingeskakel by my tema.



Vertel ons van jul Wittebrood?

Vir ons wittebrood wou ons iets “anders” doen ons het toe saam besluit op Ierland.  Wat ‘n ongelooflike ervaring wat ek met my beste vriend nou ook my man kon deel.  Ons het ‘n motor gehuur in Dublin en deur die land getoer.  Zach was die bestuurder en ek die navigator.  Ons het elke aand in ‘n ander dorp oornag en die mooiste plekke gesien.  Van die oudste kastele tot die asemrowende  kranse by Cliffs of Moher.



Advies aan ander paartjies?

Troue – Jou troue moet so wees dat julle kan trots voel daarop.  Geniet elke oomblik dit gaan baie vinnig verby.

Huwelik – Maak die Hemelse Vader altyd nommer een in julle huwelik.  Kommunikeer met mekaar, leer by mekaar, respekteer mekaar en geniet mekaar.  Die belangrikste van als is wees altyd lief vir mekaar.  Hou vir die res van julle lewe saam vas aan die belofte wat julle op julle troudag aan mekaar gemaak het.



Diensverskaffers: