Wynand & Belinda se Plaastroue

Dean van DGR Photography het die mooiste fotos van die spesiale oomblikke van Wynand en Belinda se troue vas gevang op kamera en ons is uiters bly om die fotos en liefdes verhaal met jul te kan deel.

As getuies vir Wynand en Belinda se liefde aan mekaar was daar Olifante, Sebra’s en Seekoeie.  Gaste wat jy nie sommer by enige troue sal kry nie.  Belinda vertel ons ook dat hul geluister het na ‘n ou-vrou storie en besems van die bome af gehang het om die reën weg te hou.  Belinda deel ook hoe sy dit vir Wynand voor die hand liggend moes maak dat sy enkellopend was met hul ontmoeting.

Ons by Mooi Troues hou van die plaas atmosfeer van buite onder die bome te trou en die wild lewe is ‘n groot bonus!



Hoe het julle ontmoet?

Ek het ‘n nuwe besigheid oor gevat, dinge het nie te goed gegaan nie, besigheid was maar stil maar het nie op gegee nie en natuurlik was dit waar ek toe nou die liefde van my lewe ontmoet het.  Dit het Wynand ‘n bietjie lank gevat om te besef ek flankeer met hom, wonder of hy gedink het ek is so vriendelik met al my kliënte?  Na baie konkel het ek en my kollega besluit ons moet dinge meer duidelik maak, want ons besef toe almal neem aan ons is getroud maar eintlik is ons maar net meer soos  boetie en sussie, beplan toe om voor Wynand te vra of hy nou al sy vrou terug gebel het, maar soos altyd slaan ek heeltemal toe en staar net voor my na die aantreklike boerseun voor my, my kollega vra my toe hoe laat het sy vrou gebel, ek was soos waarvan praat jy, my nou pla terwyl ek besig is nie, vat my ‘n rukkie om by te kom en sê toe ag het jy haar nou nog nie terug gebel nie en voel toe so dom ek dog dis nou verby die man dink ek is mal.  Paar dae daarna kom Wynand weer in, met sy besigheids kaartjie, met sy privaat nommer op.  JA dit het eintlik gewerk!!!  Twee weke daarna op ‘n afspraak en ja van daar af kon ons nie genoeg van mekaar kry nie.



Jul inspirasie vir die trou tema?

Die dag was perfek, ons seremonie was buite tussen die Sebras, Vlak Varkies, Blouwildebeeste en Donkies, hooi bale vir sit plekke, rose blare en paar wit klip harte en kruise en wit blik rose, ons het minimaal gebruik, want vir ons was die natuur elemente klaar perfek.  Terwyl ons toe ons foto sessie saam die olifante gehad het, het die gaste lekker voor gereg geniet wat al ons gunsteling happies was,verskillende soorte kase, met sout koekies en konfyt, ingelegde lemoenskille,  droë wors, samosas, nie rêrig dit gesien of geproe nie ons was te haastig om met die olifante te gaan kuier.   Die onthaal was ook buite in ‘n boma, waar die tafels versier was, met hout plek name, glas hartjies, herfs blare oor gestrooi, en bottels vol gip, kerse en wit Avalanche rose.  Die bome het vol hout besems gehang om die reën weg te hou, ou vrou storie, maar dit het gewerk.  Groot vreugdevuur waar ons twee groot swart 3 poot potjies, of sal ek se potte, gebruik was om die lekkerste biltong en hoender pot te maak, met al ons gunsteling bykosse, krummel pap,koeskoes, slaai, vars gebakte brood.  Ons het gevoel nagereg mors altyd, so ons het net ‘n paar lekker soet goedjies gehad wat ons ook nie gesien het nie en dan die trou koek was baie anders en spesiaal, ons gunsteling drankies, die onderste lag was Brandewyn en coke geur (my man sin) middel laag was Jenewer en Tonic (myne) en boonste lagie was koffie geur, met hand gemaakte koek toppers spesiaal gemaak om soos ons onthou die datum foto te lyk dit was super oulik, maar my poppie het ‘n arm verloor op pad venue toe, ek het darem gedink dit gee dit net ekstra karakter.  Ons het ook ‘n huweliks-tas gebou waar almal hul koevertjies kon in gooi. En al die spesiale danse en goedjies gooi, het dit net perfek geëindig.

Ons altwee is bos, natuur en diere mense, ons is mal oor alle diere, met Wynand se verjaarsdag het ek hom na ‘n plaas toe gevat waar ons met tiere en leeus interaksie kon he, en ja dit was dieselfde dag wat hy my gevra het om te trou, sy presiese woorde, dit sal die beste verjaarsdag geskenk wees as ek sy vrou sal wees, op sy kniee by ons tent huisie se opelug badkamer, ja ek was op pad om te gaan stort. En dan nartuurlik die olifante op ons troue was presies wat ons wou he, het darem die voorreg gehad om ‘n paar keer voor die troue hul te kon sien, maar op ons trou dag was hul maar biegtjie knorrig maar nogsteeds die beste belewenis. Ons is baie aardse mense en wou net ‘n lekker plat op die aarde troudag he.



Vertel ons van jul Wittebrood

Ons  eerste week, ons was gelukkig om vir twee weke op wittebrood te gaan, was ‘n geskenk, dit was by Crystal Springs Mountain Lodge in Pelgrims Rest vir 5 dae, dit was prentjie mooi, hout huisie met die mooiste uitsig oor die berge, ons het die klein dorpies gaan bewonder en al die mooi plekkies besoek soos God’s Window en die Pinnacles, ook goud erts gaan doen wat baie lekker was.  Vir die ander twee aande is ons Komati Gorge toe waar jy nou nie die uitsig oor die berge het nie, maar fisies omring is met berge, asemrowend!  Daar het ons die geleentheid gehad om bietjie avontuur aan te durf en het gaan vierwielmotorfietse ry deur die wild, was ‘n belewenis.

Tweede week, ons droom vakansie, Mauritius!!!  Ons het by die Verandha Paul & Virginia gebly, rum, rum en nog rum, was bederf met die alles ingesluit, heerlike skemerkelkies! Kos, so baie geëet, oggend ete als wat jy kan aan dink, middag ete weer als wat jy kan aan dink, tee-tyd met pannekoeke, middag ete kan jy ook op die strand kry as jy net lus is vir burger of pizza, lekkerste burger wat ons nog ooit geëet het!  Ons kamer was paar tree van die see af en dit was regtig net asemrowend!

Ons was gelukkig om vriende te maak die eerste aand met nog twee ander paartjies, so ons water sport en  boot trips en inkopies by die markies waar jy die mooiste goedjies koop was net meer pret. Ons het baie plaaslike vriende gemaak wat dit vir ons nog meer spesiaal gemaak het en uit hul pad uit gegaan het vir ons, tipiese plaaslike boot trippies waar hul vir ons sing en dromme speel en braai op ‘n ander eiland en ons kos in die see bedien, Catamaran trippie waar hul sommer op die boot braai, snorkel en die mooiste vissies en onder water lewe beleef, en dit als met baie “Jungle Juice”, dit was baie hartseer om terug te kom na ons week van bederf.



Ons advies aan ander paartjies

Almal se altyd vat elke liewe oomblik in, ek het maar met dit het my so laat sweef in die wolke dat ek sommer van ‘n paar belangrike goed vergeet het wat moes gebeur, so ja ek wens ek was party keer meer in kontrole van wat om my aan gaan maar ja wat ook al verkeerd geloop het, moet mens laat gaan, was ten spyte van die paar oopsies, die lekkerste, mees asemrowende dag van ons lewens en ek sal dit oor en oor weer doen met my man. En een klein dingetjie hou altyd reserwe van jou beplanning, al ons beplanning met my man se bakkie was gesteel terwyl ons trou inkopies gedoen het en op pad was na ons verlowing foto sessie saam met Dean, ons het uit gestel, want dit sou net nie dieselfde gewees het nie, maar ons fotograaf was so oulik sy het ons ‘n geskenkbewyse gegee vir ‘n foto sessie van ons keuse vir na die troue.


    


Diensverskaffers: