Wittebrood in KwaZulu-Natal se Suidkus

The Gorge Private Game Lodge & Spa is geleë in die onbedorwe, ‘Malaria-vrye’ deel van die KwaZulu-Natal se Suidkus, naamlik die majestieuse Oribi Gorge, ‘n natuurlike wonder wat jy moet ervaar.  Slegs negentig minute se ry vanaf Durban is die boetiek styl oord.  The Gorge is omring deur sandsteen kranse en tropiese woude.

Geen geld of luuksheid was bespaar om hierdie oord die beste moontlik wegbreek plek te maak nie.  Of jy nou op wittebrood wil kom of net ‘n wegbreek met ‘n spesiale persoon.  Hulle het ook die prys gewen vanaf World Luxury Hotel Awards in 2014 as die beste klein oord in die wêreld kategorie.  Dit is definitief ‘n groot prestasie, wat jy nie maklik verkry nie.

Elke een van die oord se villas en suites bied ‘n prentjie mooi uitsig oor die Oribi Gorge Natuur Reservaat met onmenslike mooi uitsigte van die Kuslyn en Natuurskoon.  Dit is iets om in persoon te beleef om te kan glo.

Die oord word deur die eienaar bestuur, wat daardie persoonlike aandag gee aan die fynste detail.  Alles is wêreld-klas vanaf die diens, spyskaart tot die wynlys.  As jy ‘n belangrike e-pos moet stuur of jou foto’s op sosiale media moet deel om almal by die huis jaloers te maak, kan jy so maak deur gebruik te maak van die gratis Wi-Fi wat The Gorge bied vir al hulle gaste.

As jy nie lus voel om in die restaurant te gaan eet nie, maar eerder die uitsigte vanaf jou kamer wil bekyk, dan kan jy gratis kamerdiens bestel.

Daar is ook ‘n dag spa op die perseel.  Die Clivia Day Spa bied gaste ‘n heerlike ontspan sessie met verskillende behandelings beskikbaar om jou te help om lekker uit te rus en jouself te geniet, met gemak.

As jy ‘n Natuurliefhebber is dan sal ‘n wegbreek na The Gorge jou hartsnare speel met ‘n verskeidenheid stap roetes deur die inheemse kus-woud met sy ryk biodiversiteit van plante, diere en voëls.  Daar is meer as 255 verskillende voël spesies insluitende die Kransaasvoël en Visarend.  As jy bietjie meer avontuurlustig is kan jy die 25 kilometer fiets roete aanpak of die 4.5 kilometer Zipline doen wat oor The Gorge, mere en klowe gaan.

Besoek gerus The Gorge se webtuiste en maak jou bespreking by hierdie pragtige KwaZulu-Natal juweel.



Artikel Krediet