Swart Proteas Skryfbehoeftes

Swart Proteas op Bruin Kraft papier is die skryfbehoefte stel van vandag.  Die talentvolle en baie kreatiewe, Selmarie Slot het hierdie pragtige skryfbehoefte stel ontwerp as inspirasie vir jou troue. Dit sluit in ‘n spyskaart, naamkaartjies en tafel nommers.

Abstrakte swart proteas op bruin kraft papier is gebruik as ontwerp element. Dit is eenvoudig maar treffend. Interessante element is die sigsag garing waarmee die spyskaart blaadjies vasgewerk is, en dieselfde element is herhaal op die tafel nommers. Die spyskaart is ‘n oopvou boekie wat op elke gas se bord geplaas kan word.

Hierdie stel is perfek vir die moderne paartjie wat wil wegbreek van die tradisionele ontwerpe vir troues. Dit is perfek vir enige tiepe troue, dag of aand en luuks of meer informeel.