Ryk & Marion se betowerende troue

Die Vrystaat Provinsie spog met ‘n hele paar asemrowende troues hier op Mooi Troues en ons is vreeslik opgewonde om nog ‘n Vrystaatse troue met ons lesers te kan deel.

Ryk en Marion se betowerende Boheemse-Bos troue is vol inspirasie en ons is mal vir Marion se kopstuk en haar ruiker.  Die kuns galery waar Marion en haar strooimeisies klaar gemaak het gee ook ‘n inspirerende detail tot die troue.  Marion is ‘n Grafiese ontwerper en het self die skryfbehoeftes vir hul troue ontwerp.

Blaai deur die fotos propvol inspirasie.



Vertel ons van jul ontmoeting?

Ons is aan mekaar deur vriende voorgestel.  Hoe meer tyd ons saam spandeer het, hoe meer het ons besef hoe ons bymekaar pas.  Ons ouers se huwelike het as ‘n ongelooflike voorbeeld gedien aan albei kante.  Ons het geleer dat geloof, vertroue, respek vir mekaar, geduld, hardwerkendheid, lojaliteit en soveel meer, as ‘n groot kern van enige verhouding was en na vier en ‘n half jaar het ons geweet dat dit presies was, wat ons in mekaar gevind het.



Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Ons albei is baie lief vir die natuur, so aardse kleure- en elemente was heel bo aan die lys vir ons troue se tema.  Op die ou einde het “Boheemse – bos troue” alles perfek saamgevat. Van ‘n ontspanne “kaalvoet, blomme in die hare” atmosfeer tot kleurvolle versierings by die diens in die woud en onthaal.



Was julle met wittebrood?

Ja, ons was ‘n week Drakensberge (Underberg) toe en daarna ‘n week Ballito toe.  Die natuur prag in Underberg en die bekende kunstefees “Splashy Fen” het ons eerste week onvergeetlik gemaak, ons tweede week het ‘n perfekte einde aan die ons wittebrood gebring met groot verskeidenheid restaurante met heerlike disse tot lekker in die see swem tot ons so rooi soos krewe gebrand was!



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

‘n Verhouding verg elke dag harde werk, dit is om elke oggend op te staan en verder te bou aan jou verhouding met jou geliefde en nooit agteroor te sit en te aanvaar dat jou werk nou verby is nie.



Diensverskaffers: