Louis & Lee se Waterfront verlowing

‘n Hawe is ‘n besonderse plek om ‘n verlowing fotosessie te hê en daar is nie ‘n mooier hawe as die van die Victoria & Alfred Waterfront met Tafelberg in die agtergrond, dus is ons nie verbaas dat die oulike paartjie, Louis en Lee besluit het om hul verlowing fotosessie hier te hou nie.  Ons deel ook in paar weke hul trou dag met julle so volg ons webjoernaal om die paartjie se trou dag te sien.



Vertel ons van jul ontmoeting?

Ons het ontmoet gedurende ‘n Desembervakansie in Jeffreysbaai.  Lee se pragtige glimlag het dadelik my aandag getrek, maar ek moes nogal hard werk om haar te beïndruk.  Ons het vir omtrent twee jaar na ons ontmoeting in verskillende stede gewoon, en eers ons verhouding begin toe Lee Kaap toe getrek het. Ons is albei kreatiewe en avontuurlustige mense, en dit het ‘n groot aantrekkingskrag tussen die twee van ons veroorsaak.



Vertel ons meer van julle verlowing?

Dit het gebeur op Kersdag 2015.  Ons het vir omtrent ‘n week gaan bly in ‘n berg kothuis in Matjiesvlei in die Karoo – geen elektrisiteit of selfoon sein nie!  Dit was wonderlik.  Lee se ring was vermom as haar kersgeskenk.



Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Die tema van ons troue was gebaseer om geometriese vorms, so ons wou dit probeer kombineer met die verlowing fotosessie.  Ons het een Sondagmiddag bietjie gaan rondry in Kaapstad se hawe en toe ons die dolosse sien, het ons baie opgewonde geraak.  Dit het fantasties gewerk.



Diensverskaffers: