Jacques & Lezanne se stad verlowing

Die mooi paartjie Jacques & Lezanne het besluit om ‘n stedelike verlowing fotosessie te hê om rede hul op gaan bly.  Dit is inspirasie vir paartjies wat nog hul verlowing fotosessie moet hou om te gaan vir die teenoorgestelde as jul alledaagse lewe. Geniet om deur die fotos te blaai.



Hoe het julle ontmoet?

Na universiteit in Potchefstroom het ek werk gekry by die Privaatskool in Citrusdal.  Jacques se ma het my ontmoet in die Pilates klas en gesê sy wil my graag voorstel aan haar seun.  My hoof en sy ma het gekonkel, vir hom gesê van die nuwe juffrou, dat hy met my moet begin gesels. Ons het gegaan vir ‘n koffie afspraak en dadelik gekliek.  Hy het toe nog gewerk in die Kaap en ons moes elke naweek heen en weer ry. Sommer vinnig het hy toe vir sy pa kom boer en toe na ‘n jaar het hy my grootste wens waar gemaak!



Vertel ons van die eienskappe wat jul na mekaar aangetrek het?

Jacques sê hy hou baie van my eg Suid-Afrikaanse waardes en my passie vir dinge.

Jacques se manlikheid, sy persoonlikheid en die manier hoe hy my op sy hande dra het my aangetrek na hom toe.  Hy laat my dink aan my pa en my oupa.  Definitief trou materiaal!  So man kan mens mos nie deur jou vingers laat glip nie!


 


Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Omdat ons op ‘n plaas gaan bly, wou ons bietjie anders wees en die stad gebruik vir ons fotosessie.



Diensverskaffer: