Gratis: Program vir jou troudag

Gratis aflaaibare Program vir jou troudag. ‘n Mooi eenvoudige program met bypassende prentjies wat aan gaste uitgedeel kan word op die dag van jou troue.  Die talentvolle Selmari Slot het dit ontwerp. Jy kan self die tye en loop van jul troudag self aanpas op die program.  Jy kan die program of op gewone wit papier by die huis druk of as jy sou verkies dit invat na ‘n drukker en vra dat hulle dit op dikker papier laat druk.  Sny die program uit – daar is kruisies getrek wat vir jou aandui waar die program begin en eindig.   Dit kan dan op elke gas se stoel geplaas word in die kerk of uitgedeel word by die deur.



Metode:

  • Laai die Word dokument af deur jou informasie onder te voltooi.
  • Dis ‘n A4 templaat en daar twee programme op een A4.
  • Opdateer die voorbeeld teks met jou toepaslike teks.
  • Druk dit op enige drukker.


LAAI AF:

NAAM:

E-POS ADRES:



Artikel Krediet: