Eiland Wittebrood by St. Regis Mauritius Oord

Die St. Regis Mauritius is geleë van die Suid-Wes kus van die Indiese Oseaan.  Mauritius is bekend vir hulle deurskynende water strandmere en goue sand strande.  Dit is ook ‘n plek van pragtige berge, riviere en watervalle, woude en wild-lewe.  Mauritius se weer is amper altyd perfek en dit is ook hoekom dit ‘n gewilde plek is vir snorkel, Kitesurf en scuba duik, wat van die bekende sporte is wat hier beoefen word. Die eiland is ook ‘n baie kultuur ryke plek, met kleurvolle tempels en kerke.

Die St. Regis Mauritius Resort is ‘n luukse oord op die eiland, wat elke paartjie se droom wegbreek plek sal wees. Die Hoofhuis bied ‘n privaat residensiële ervaring met Diensknegte wat enige tyd van die dag beskikbaar is om jou te help.  Dit sluit ook ‘n volle biblioteek asook sy eie privaat bioskoop.  Die oord bestaan uit 172 kamers en suites insluitende ‘n fantastiese strandfront St. Regis Villa, wat geleë is op een van die eiland se beste strande en in die skaduwee van die Le Morne Berg.  As jy St. Regis Mauritius Resort moet kies vir jou wittebrood, kan jy gereed maak om letterlik niks te doen, behalwe om die luuksheid van die oord en die mooi omgewing in te neem en te geniet.  Jy kan heeldag op die strand wees, of watersport doen, spa behandelings of net ‘n lekker skemerkelkie langs die swembad drink.

Die bekende St. Regis Dienskneg-diens sluit in: Verskillende kenmerkende plekke om te eet, twee kroeë, swembaddens, die Iridium Spa en wêreldklas water-sportgeriewe.

As dit kom by lekker eet dan het ons vir jou baie goeie nuus.  Die oord het van die eiland se beste restaurante en dit bied ook die meeste opsies vir etes as dit kom by die grootte van die oord in vergelyking met die ander oorde op die eiland. Dit sluit in ‘n keuse van vier restaurante waar jy verskillende kulinêre ervarings sal ervaar. Die restaurante sluit in die Le Manoir Dining Room, The 1904 Bar, The Boathouse Bar & Grill, Floating Market en Atsuko.

Die Iridium Spa het twaalf behandeling kamers, elk met sy eie privaat balkon en see uitsigte, wat jy met niks anders kan vergelyk nie.  Met oor die tweeduisend vierkant ‘n meter spa area, is dit definitief enige paartjie se droom om hier te kom ontspan.

The St. Regis Mauritius Resort klink vir ons na die perfekte plek vir jou wittebrood of as jy klaar getroud is gaan sommer op ‘n tweede wittebrood en vakansie weg van die stad se geraas.



Artikel Krediet

  • Fotos verskaf deur: St. Regis Mauritius