Christiaan & Michelle se verlowing

Christiaan en Michelle het in November 2016 trou aanmekaar gesweer by Florence Guest Farm en ons is baie opgewonde om hul verlowing fotosessie met julle te deel.  Ons hoop ons het kan hul troue fotos ook later met julle deel.



Hoe het julle ontmoet?

Ons het mekaar die eerste keer by Zambezi se go-kart baan ontmoet, waar ek verby Christiaan oor die wenstreep gejaag het.  Dit was eers so 6 maande later wat ons mekaar weer by ‘n troue raak gedans het.  Michelle se beeldskoonheid was vir my onvermydelik.  Christiaan se sjarme en spontaniteit het my oog gevang.  ‘n Goeie vriendskap het ontwikkel en verander in ewige liefde.



Hoe het julle verloof geraak?

Ons het op die 14de Maart 2016 verloof geraak, tydens ‘n lekker vakansie in Knysna.  Christiaan het my verras met ‘n piekniek op ‘n privaat strand, in die Wildernis, waar hy die groot vraag gevra het.  Nadat ek natuurlik “JA” gesê het, het ons op ‘n oester-boot in Knysna se strandmeer rond gevaar en net die groot oomblik geabsorbeer.



Die inspirasie agter ons verlowing fotosessie?

Ons is albei baie lief vir die natuur en gryp altyd die eerste kans wat ons kry om uit die stad uit te kom aan.  Ons fotograwe, het vir ons die geleentheid gebied om die verlowing fotosessie op hulle plaas te hou.  Nadat hulle vir ons fotos van die plaas gestuur het, kon ons nie anders as om ja te sê nie. Ons het getrou die 19de November 2016 op Florence Guest Farm so die plaas tema van die verlowings fotosessie pas perfek daarby.



Diensverskaffers: