Romantiese wegbreek na Robertson

Ons is verlief op die Robertson area en daar is baie aktiwiteite vir paartjies wat opsoek is na ‘n wegbreek-plekkie of ‘n stop plek op pad na hulle wittebrood.

The Robertson Small Hotel is ‘n Victoriaanse huis gewees was gebou was in 1909 en nou ‘n historiese monument en boetiek hotel.  Die Skuur- en Swembad suites asook die tuine en spa kamer was oorgedoen deur ‘n talentvolle span van plaaslike ontwerpers en kunstenaars insluitende: Alexis Barrel, Michael Chandler, Renee Rossouw, House of Gozdawa, Lisa Firer, Rene Botes, Bonfred Furniture onder andere.



Die kuns wat te sien is by The Small is ‘n uitstalling van SMITH Studio in Kaapstad, ‘n galery wat bekend is daarvoor om nuwe kunstenaars asook gevestigde kunstenaars se werk uit te stal.  So as jy hou van een van die kunswerke kan jy dit direk koop by die hotel.



As jy nog nie by The Robertson Small Hotel was nie, dan mis jy baie uit.  Dit is die perfekte luukse plek vir paartjies om ‘n romantiese naweek deur te bring, weg van die moderne wêreld se gejaag en klanke.  Dit is ‘n klein boetiek hotel, met ‘n baie groot hart. As jy nog nooi in die Robertson area was nie, dan mis jy baie uit.  Jou eerste besoek sal jou absoluut verlief laat raak op die Robertson vallei.



Kos speel ‘n belangrike rol as jy weggaan.  Wie hou nou nie van ‘n lekker ete met ‘n glasie wyn nie?  The Small Restaurant het ook ‘n splinternuwe spyskaart gekry wat geïnspireer was deur Rose Ashby van die Spring Restaurant in Somserset House in London, met ‘n fokus op plaaslike produkte wat uit die Robertson vallei kom.  Ashby het saam met Tiaan van Greunen gewerk om die spyskaart bymekaar te sit vir jou om te geniet.  Die ambagtelike koffie vervaardigers, Terbodore het in samewerking met The Small Restaurant gewerk en ‘n unieke koffie kombinasie gemaak wat bestaan uit ‘n een honderd persent versnit van Arabica bone van Ethiopia, Indonesia en Brazilie.



Die Robertson area bied baie vir paartjies. Jy kan die dag uit ry na McGregor wat net buitekant Robertson is en die mooiste klein dorpie is waar jy vir ‘n ligte middagete kan gaan of net rondloop op die grond paaie tussen die oulikste huise en klein winkels en jy moet ‘n draai maak by Bemind Wyne waar Ilse Schutte die eerste Garagesigte wynkelder het.

Dan in Robertson self kan jy gaan na Strictly Coffee in die hoofstraat, waar jy die heerlikste koffie kan geniet. ‘n Bootrit met lekkernye en wyn geniet by Viljoensdrift.

Gaan na Four Cousins se splinternuwe huis besoek in Robertson, klik hier om meer te lees oor Four Cousins se nuwe huis in die hartjie van Robertson.  Dit is definitief iets om te beleef en hulle het ook heerlike kosse beskikbaar.  Dan van ons ander gunstelinge sluit in Ensoani,  Tanagra Boetiek Distillery, op pad na McGregor en dan Excelsior wynplaas waar jy jou eie wyn kan meng en self bottel, met jou eie persoonlike etiket op.

Maak ook ‘n draai in Montagu en probeer definitief  Mimosa Lodge se heerlike spyskaart vir aandete.  Soos jy self kan sien is die Robertson vallei die perfekte plek vir jong verloofde en getroude paartjies om ‘n romantiese wegbreek plek te wees. Met so baie om te doen, hoef jy glad nie bekommerd te wees om verveeld te raak nie.  As jy nie lus is om alles te doen nie, kan jy altyd lekker in of langs die swembad lê in die gemaklikheid van die mooie Robertson Small Hotel.



Artikel Krediet:

  • Teks: Mooi Troues
  • Fotograaf: Micky Hoyle