Protea Laser gesnyde Spyskaart

Proteas is altyd mooi, maak nie saak hoe en waar jy dit gebruik nie.  Oh Yay het die mooiste laser gesnyde patroon spyskaart ontwerp, wat definitief inspirasie vir jou troue sal wees.  Die waterverf Protea blomme onder aan die spyskaart gee ‘n elegante en baie sagte gevoel vir die uitnodiging en die laser gesnyde protea bo-aan die spyskaart trek jou aandag onmiddellik.  Dit is nie net ‘n mooi spyskaart nie, maar ook baie kreatief en perfek vir die paartjie wat die natuur wil inbring in hulle troudag.