Onderhoud met Kyle van Bravo Photography

Mooi Troues staan vir Opreg, Uitstekende Dienslewering, Hoë Gehalte en trots Afrikaans.  Ons by Mooi Troues neem trots op die diensverskaffers wat ons aan ons lesers aanbied op ons Trou Gids en daar is keuring prosesse waardeur elkeen van die diensverskaffers gaan, al is dit van Skryfbehoeftes tot Venues.  Ons het nie net ‘n vertoon-blad waar jy jou trou diensverskaffers kan kies nie, maar wys jul die mense met passie en liefde vir hul trou besighede wat jy op ons Trou Gids sien en hier is die onderhoud met Kyle van der Schyff van Bravo Photography.

Waar het jy grootgeword en wat wou jy doen toe jy klein was?


Ek het grootgeword in Johannesburg vir die grootste deel van my kinderjare en toe getrek na Vereeniging tydens Hoërskool loopbaan as gevolg van my ouers wat moes verhuis vir ‘n werk. Ek wou nog altyd ‘n vlieënier word. Ek het nog altyd ‘n hunkering gehad om die wêreld te sien en ‘n vlieënier was die sekere ding om te reis.

 Waar het jou liefde vir fotografie begin?


Ek het my eerste film kamera op ‘n baie jong ouderdom gekry en ek was altyd lief vir die feit dat die druk van ‘n knoppie rekord hou van geskiedenis vir so lank as wat jy die foto hou. Fotografie het soveel meer te doen met mense as met die werklike foto’s.

Waar het jou liefde vir fotografie begin?


Ek het Bravo-Photography rondom 2011 begin as ek reg kan onthou. Dit was meer vir my oor ‘n Facebook aanhangerbladsy om my foto op te deel eerder as om ‘n besigheid te stig. Ek het eers kommersieel geskiet rondom 2013 waar ek ‘n paar familie- en lewenstyl fotosessies geboek het. Ek het ‘n lang tyd geneem totdat ek in die trou industrie begin het.

 Wat is jou stokperdjies?


Ek dink die meeste mense weet hierdie een. Ek is lief vir reis saam met my vrou en maak ongelooflike reis video’s saam.  Om uit jou land of dorp te kom maak jou gedagtes oop vir so veel geleenthede en te leer hoe ander mense besigheid doen.

Wat inspireer jou in die lewe?


Daar is te veel goed om op te noem in een enkele sin. Die gedagte van nie slaag nie, is ‘n baie sterk motivering vir my! Ek wil regtig suksesvol in die lewe wees, nie net om my gesin te help nie, maar om andere te help om sukses te behaal. Of dit nou deur die aanbieding van werkswinkels vir fotograwe wat uit niks ‘n besigheid begin; Of om minder bevoorregte kinders in afgeleefde gemeenskappe te help groei.

Wat sal jy nog graag wou doen as jy tyd gehad het?


Ek is ‘n persoon wat iets sal probeer maak nie saak hoe gevaarlik of gek dit mag wees nie, eerder as om later spyt te wees dat ek dit nie aangepak het nie, maar as ek een ding kon verander is dit om terug te gaan en begin werk aan my fotografie besigheid baie vroeër. Ek het gewerk in die korporatiewe vir 7 jaar as ‘n grafiese ontwerper voordat ek my werk gelos het om my drome as ‘n voltydse  trou fotograaf na te streef en ek wonder soms hoe ver ek sou wees as ek probeer het om dit te doen van ‘n nog jongere stadium.

Mooiste plek waar jy al afgeneem het en hoekom?


Dit is waarskynlik ‘n trou venue verwante vraag, maar ek het onlangs die voorreg gehad om ‘n toer van die VSA te doen en die plekke daar wat ek gesien het is ongelooflik. Horseshoe Bend, Antelope Canyons en die Grand Canyon was waarlik ‘n geestelik ontwaking en is ‘n moet sien vir almal.

Wie sal jy baie graag voor jou lens wil sien?


Ek was baie gelukkig met my kliënte wat ek al afgeneem het. Ek het Pascal Pienaar, komediant legendes Die Goliat Brother, net om ‘n paar te noem al afgeneem. Ek wil graag meer paartjies soos Bouwer en Leandie afneem met soveel energie en karakter. Daardie tipe mense bring soveel lewe in foto’s.

Doen jy net trou foto’s? Indien nie, watter ander foto’s neem jy?


Ek neem Kraam- , familie- en verlowing foto sessies ook, maar troues neem nie die meeste van my tyd.

Raad vir paartjies wat opsoek is na ‘n fotograaf vir hulle troudag?


As ek een stukkie raad kan bied, sou dit wees om te op hou kyk na pryse vir jou fotograaf as die enigste opsie om hom/haar te boek en om eerder te kyk na sy/haar werk en persoonlikheid. Te dikwels ontvang ek e-posse van mense wat vra oor my pryse sonder om te vra of ek eintlik vir hul datum beskikbaar is; en of ek ooit ‘n troue afgeneem het in Kaapstad byvoorbeeld. Begin eerder meer aandag aan die persoon wat teenwoordig sal wees op die dag en jou soos jou skaduwee sal volg, eerder as prys en jy sal ‘n goeie keuse maak van wie jy boek.