Kent & Odette

Die liefde van God sien ons in die fotos van Kent en Odette se verlowing fotosessie wat vroeg een winderige oggend in Kampsbaai plaas gevind het.  Kampsbaai in die oggend is net so mooi soos die son sak tye wanneer almal hul skemerkelkies geniet en die dag vaarwel wens.  In die oggend is die populêre strand leeg en sal jy dalk net ‘n paar fiks entoesiaste sien.  Die genade van God om ons met sulke mooi oggende te seën is vas gevang op kamera en ons groet die oggende met ‘n heerlike koppie koffie.  Dit verlowing fotosessie was dokumentêre styl geneem en dit is baie mooier as die geposeerde fotos en vang Kent en Odette se ware persoonlikhede vas.


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons was op Chiristian Revival Church se 2013 Balito uitreik en ons was saam in een kar in gedeel.  Tenspyte van die feit dat Kent op daardie stadium ‘n ander meisie gehad het, het dit my nie gekeer om vir hom in die truspieëltjie oog te knip om sy aandag te trek nie.  Odette se sprankelende persoonlikheid het haar dadelik vir my laat uitstaan en haar rooi sonskyn wangetjies het dit moeilik vir my gemaak om nie met haar te wil gesels nie.  Kent se sin vir Humor het my vinnige aan sy lippe laat hang en sy wysheid en liefde vir God was baie aantreklik.



Vertel ons meer van julle verlowing?

Ek en Kent het geweet ons sal graag in 2017 wil trou, en soos elke opgewonde ‘amber bruid’ was ek al opsoek na trou venues.  Ek was mal oor Vondeling Wines se kapel en onthaal saal en het al lank aan Kent se arm getrek om na die Venue te gaan kyk.  Uiteindelik op die 23ste Julie 2016 het ek met die venue bestuurderes, Mariaan ‘n afspreek gemaak om na die venue te gaan kyk.  Min wetende, dat Kent al die hele week agter my rug plannetjies gemaak het saam met Mariaan om my te vra om te trou.  Toe ek by die venue instap was Kent op een knieg met vriende en familie wat toekyk..  Ek was uit my vel uit van opgewondenheid en het amper vergeet om ja te sê.



Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Ons fotograaf Lindie Jacobs het vir ons ‘n paar idees voorgestel. Sy het genoem dat ‘n dokumentêre styl mooi sal wees.  Ons was mal oor die idee dat ons nie gaan hoef te “pose” vir die fotos nie maar dat ons verliefdheid eerder vasgevang kon word in ‘n foto.


Diensverskaffer:

  • Fotograaf: Lindie Jacobs