Derek & Jana se verlowing

Hul liefde vir die woud en perde het Derek & Jana een oggend vroeg voordat die son te hard brand, langs ‘n rivier terwyl die mis nog laag hang die talentvolle Charl van der Merwe gekry om die perfekte oomblikke op kamera was te vang.  Soos gewoonlik het Charl alle verwagtinge oortref met sy kamera en is ons opgewonde om hierdie verlowing fotosessie met julle te kan deel.  Derek en Jana se Great Dane was het self vir ‘n foto poseer.


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Derek & Jana het mekaar ontmoet by een van Derek se projekte; die vertikale groen muur  by Emnotweni Casino Kompleks in Nelspruit; waar Jana op die oomblik ‘n werknemer was. Derek was dadelik aangetrokke tot Jana se oop en spontane persoonlikheid en Jana was dadelik beïndruk met Derek se opstandige morele waardes en integriteit.  Uiteindelik het Jana iemand ontmoet wat so baie hou van reis soos sy.



Vertel ons meer van julle verlowing?

Die spesiale verrassing verlowing het gebeur op die 1ste Januarie 2016 op ‘n afgebakende deel van die strand by Stilbaai in die Wes- Kaap. Jana was totaal uitgeslaan en verras toe Derek op sy knieë gaan terwyl hulle deur die branders gestap het. Hy het ook ‘n paar van haar gunstelinge gehad; Simba Sout & Asyn skyfies en Franse Sjampanje. Derek het al ‘n jaar voor die gebeurtenis die ring gekoop en binne sy badsakkie gebêre en gewag vir die regte geleentheid.



Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Ons het Glenogle Guest Farm ontdek op die internet en dadelik verlief geraak op die plek.  Glenogle se dekor is soortgelyk soos ons huis en ons het dadelik tuis gevoel.  Glenda, die eienaar is ‘n baie vriendelike en wonderlike vrou.  Glenogle se unieke omgewing en die koue op die dag het ons sessie gemaak.  Ons is mal oor die woud; die perde en die meer wat by Glenogle gevind word.  Hierdie eienskappe maak Glenogle ‘n baie spesiale plek.



Diensverskaffers: