Selfdoen minimalistiese spyskaart

laaiaf


‘n Mooi eenvoudige spyskaart wat om elke trou gas se servet gevou kan word.  Dit is nie net mooi nie, maar ook maklik en kan in Afrikaans en Engels geskryf word.  Selmarie Slot deel hierdie oulike ontwerp met jou.

Metode:

Laai die Word dokument af. Dis ‘n A4 templaat.
Daar is twee spyskaarte op een A4.
Opdateer die voorbeeld teks met jou geregte.

Jy kan die spyskaart of op gewone wit papier by die huis druk of as jy sou verkies dit invat na ‘n drukker en vra dat hulle dit op dikker papier druk.  Sny die spyskaart uit – daar is kruisies getrek wat vir jou aandui waar die menu begin en eindig.  Jy sny van strepie tot strepie die spyskaart uit.  Vou dan die menu om jou servet en plaas jou eetgerei agter dit.



laaiaf


Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, Klik hier om ons Trougids te besoek.


laaiaf


Artikel Krediet:

Ontwerp: Selmarie Slot