‘n Bora Bora Wittebrood ervaring

Elke paartjie droom daarvan om ‘n wittebrood te hê en Mooi Troues het die perfekte plek vir jou wittebrood waar jy sommer met die aankoms slag met ‘n twintig minute boot-rit geneem moet word na die eiland.  Four Seasons Resort Bora Bora is ‘n kulturele paradys, ‘n oord wat perfek in pas by die rustigheid van die Suid-Stille Oseaan en verfrissende Polinesiese kuns wat bestaan van dans, sang, kombuis, tekstiele, seevarende en sport.  Jy sal die gasvryheid beleef van die Polinesiese kultuur en die beste standaard diens by die oord geniet.  Die oord is omring met Palmbome en Pandanus bome wat dit ‘n paradys maak en definitief iets is om self te beleef.  Die groen van die bome en deursigtige blou seewater is ‘n hoof aantrekking punt vir paartjies wat opsoek is na ‘n prentjie mooi wegbreek plek vir hulle wittebrood.  Die oord is geleë op ‘n uitgestrekte 22 hektaar land, en as gevolg van die groot spasie kan hulle ‘n verskeidenheid van behoeftes en  ‘n wye verskeidenheid van vermaak programme huisves.



Die oord bied 100 Water huisies suites en sewe strand villa landgoed, alles is ontwerp met grasdakke en versier met inheemse kunswerk.  Vier restaurante, bied ‘n wye verskeidenheid van kreatiewe kulinêre ervarings van Polinesiese en Frans tradisionele gunstelinge,  wat aangevul word deur ‘n spesiale opelug eetkamer, van private Oseaan etes op Tahitiane strand met  musikante en vuur dansers.

Die hotel se suites is so ontwerp dat dit so mees moontlik natuurlike lig in laat en saam met die ritme van die strandmeer vloei.  Die oord se verblyf het alles grasdak en blaar dakke wat effens oorhang sodat dit bietjie meer skaduwee gee oor die ruite, wat perfek in pas by die area waar die oord geleë is en om jou mooi te beskerm van die warm tropiese son.  Elke Bungalow het pragtige harde hout vloere en die binne mure is mooi sagte hout palet kleure.  Alle ruite kyk uit om die lig blou waters waarmee jy omring word.

Elke een van die Bungalows het twee televisie stelle, DVD en CD speler, huur video sisteem is ‘n skaars op ‘n eiland.  Al die hotel se twee-slaapkamer bungalow suites is oor die honderd vierkant ‘n meter, so is lekker ruim en het Four Seasons goedgekeurde standaard beddens in wat oor die waters uitkyk, sodoende hulle groot opelug baddens ook.  Daar is ook vyftien van die akkommodasie eenhede wat hulle eie plonspoelle het.  As jy opsoek is na iets nog groter kan jy altyd een van hulle sewe luukse see-front Villa’s boek wat een, twee of drie slaapkamers het en tussen 252 tot amper 500 vierkant ‘n meter in grootte is en elkeen ‘n massiewe see-front grasperk het asook privaat plonspoel en uitsigte van Bora Bora se bekende en majestueuse berg, genaamd, Mount Otemanu.



‘n Volledige spa, gebalanseer deur die kragtige ritmes van die Stille Oseaan en die afgesonderde rustigheid van die eiland en strandmeer.  Met opelug behandeling dekke onder die midde van die Kahaia bome – bied ‘n kombinasie van ontspanning en opwinding wat net uniek is aan Bora Bora.  Die Spa oord, wat jou definitief sal laat ontspan die oomblik as jy daarin loop.  Omring deur bome, mooi bloeisels en ook die ope lig, blou waters is enige dame se droom spa-sessie.  Elke een van hulle masseer suites  het lugversorging en is baie privaat.  Daar is ook twee oop-lug behandelings beskikbaar geleë diep in die tropiese bosse.  Sodra jy by die spa inloop word jy verwelkom met ‘n kruie infusie en geurige koel-handdoek.  Terwyl jy wag vir jou behandeling kan jy in die swembad, stoom kamer of stort area ontspan en daarna ‘n kort tydjie in die voorbereiding kamer ontspan sodat jy totaal ontspanne is voor jy gaan vir jou spa behandeling.



As dit kom by eet en geselligheid, dan sal jy ‘n feestyd van genot hê by Four Seasons Resort Bora Bora, met opsies vir aandete wat insluit by die volgende Restaurante om van te kies: Sunset Restaurant & BarFaré Hoa Beach Bar & GrillArii MoanaTere Nui, Romantic Beachfront Dinner, Polynesian Dinner Show en vir ontbyt by Canoe Breakfast wat sal bedien word op die stoep van jou Bungalow.


Artikel Krediet: 

Foto’s: Verskaf deur Four Seasons Resort Bora Bora