Jan & Tanya se selfdoen troue

Jan en Tanya se selfdoen troue neem ons terug na ou wêreld gevoel met die Sambreel wat Tanya vas hou en Ravos Rail trein wat agter die paartjie verby ry die oomblik toe hul die foto laat neem by ‘n spoor kruising.  Die pêrel detail op Tanya se rok en Jan se stewels is nog elemente wat ons laat dink aan oud wêreld.

Tanya en haar moeder het die blomme vir die dag self rangskik en ons moet hul komplimenteer op die ruiker van die bruid, ‘n Protea mooi stylvol omring deur pienk rose.

Tanya vertel ons dat sy en Jan dinge anders doen alledaagse paartjies so lees self onder wat hulle so anders gedoen het.



Hoe het julle die eerste keer ontmoet? 

By ‘n jag oord buite Naboomspruit 10 jaar gelede, dit was “liefde met die eerste oogopslag” om die kamp vuur.



Hoe het julle verloof geraak?

Nooit verloof geraak nie, ons het sommer besluit dit is nou tyd vir trou een aand om die braaivleis vuurtjie.



Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Amper 10 jaar mekaar geken, 3 jaar saam gebly, ons het dinge bietjie anders om gedoen, huis gekoop en honde gekry en toe trou ons…



Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Jou man/vrou moet nie net jou liefde van jou lewe wees nie, maar jou beste vriend/vriendin ook, en alles is moontlik, saam staan is die beste medisyne, en onthou altyd Liefde is oneindig.



Diensverskaffers: