J.J & Larisha se liefdes avontuur


Die liefde is mooi as dit ‘n avontuur is vol opwinding, aangename verassings en ontdekkings wat paartjies saam vind..  Larisha vertel ons hoe haar liefde aan J.J ‘n avontuur is.

Ons sien in die fotos dat die paartjie ook baie pret saam het en dat hul voorwaardelik ‘n avontuur saam het.  Geniet die fotos en J.J en Larisha se avontuur fotosessie.



Hoe het julle ontmoet en watter eienskappe het jul na mekaar aangetrek?

Larisha vertel:  Om J.J lief te hê is een ongelooflike avontuur.  Ons het ongeveer vyf jaar gelede ontmoet op die eerstejaars kamp.  Tussen honderde ander studente het ons mekaar raakgesien.  Die Vrystaatse jong donkerkop man het beslis my hart gesteel.

J.J vertel:  Partykeer  wag ‘n mens se lewensmaat vir jou waar jy dit die minste verwag.  Dit was liefde met die eerste oogopslag toe ek haar sien op die eerstejaars kamp.



Hoe het julle verloof geraak?

Larisha vertel:  Dit was ‘n pragtige somersdag, die laaste dag van ons Desember vakansie in die Wes -Kaap. My beste vriendin het gevra om fotos te neem van ons op die strand. Sy neem ons toe na ‘n pragtige grot. Dit was asemrowend mooi gevul met kerse, proteas, vonkelwyn, sjokolades en‘n houtkis. Die groot oomblik het aangebreek waar J.J  op sy knie gegaan het.

J.J vertel: Ek en Larisha se beste vriendin het alles saam beplan. Sy het my die gelukkigste man op aarde gemaak die 4de Januarie 2016 toe sy “JA” antwoord.  Daarna het ons twee’n romantiese piekniek saam geniet in ‘n grot vol kerse terwyl die son gesak het op die see se horison.  Sy beteken die wêreld vir my.



Vertel ons van die inspirasie agter ons verlowing fotosessie

Die lewe is ‘n avontuur; die liefde is ‘n reis.  Ons storie voel soos ‘n hemelse avontuur op aarde.  Ons glo di eerste reis wat mens moet maak is van hart tot hart.   J.J het gesorg vir die begin van ‘n pragtige liefdes avontuur toe hy op 4 Januarie 2016 op sy knie gegaan het! Ons het saam besluit op die tema naamlik liefde is ‘n reis/avontuur . J.J is dol oor aardbolle en wêreldkaarte.  Ek vang hom gereeld waar hy in die studeerkamer dit bestudeer en droom oor al die plekke  waar ons saam nog gaan reis.



Wanneer het julle getrou?

Ons het getrou op 19 November 2016 by Lezar Opstal Heidelberg.



Diensverskaffers: