Shaun & Thalia se verlowing fotosessie

Ons by Mooi Troues beveel aan dat paartjies altyd ‘n verlowing fotosessie neem by die fotograaf wat  hulle trou dag op kiekies vasvang.  Sodoende kan paartjies op ‘n informele manier gemaklik word met die fotograaf.  Onthou die fotograaf is jul skaduwee op die troue en ons dink paartjies neem dit nie in ag nie.  So jy wil tenminste gemaklik mees met die persoon.

Verlowing fotosessies gaan nie net oor om gemaklik te word met die fotograaf en sy intermitterende kamera nie, maar ook vir die uitnodigings en/of dekor van die spesiale dag.

Blaai deur Shaun en Thalia se verlowing fotos en indien jul nie met jul fotograaf ‘n verlowing fotosessie geboek het nie, maak onmiddellik so.  Ons belowe julle sal nie spyt wees nie.


thalia-shaun_0011thalia-shaun_0012 thalia-shaun_0013 thalia-shaun_0014 thalia-shaun_0015 thalia-shaun_0016 thalia-shaun_0017 thalia-shaun_0018 thalia-shaun_0019


 Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het mekaar op 16 jarige ouderdom ontmoet by ‘n vakansie-oord.  Van toe af het ons mekaar net gedurende skool vakansies gesien en goeie vriende geraak.  Daar was altyd iets spesiaal tussen ons, maar was te bang om die vriendskap op te mors.  Na 10 jaar het ons besef dat daar soveel meer as vriendskap tussen ons is en het smoor verlief geraak.

Shaun: Thalia is opreg, sag en ondersteun my in alle aspekte van my lewe. My nommer pas.

Thalia: Shaun het nog altyd geweet wat hy uit die lewe wil hê en het ongelooflik baie liefde in hom.


thalia-shaun_0020 thalia-shaun_0021 thalia-shaun_0022 thalia-shaun_0023 thalia-shaun_0024 thalia-shaun_0025 thalia-shaun_0026


Vertel ons meer van julle verlowing?

Ek het altyd gedink ek sou weet wanneer Shaun my sou vra om te trou, maar het geen vermoede gehad daardie dag!  Hy met Sondag, 15 Maart 2015, verras met ‘n piekniek by Boschendal Wynlandgoed in Stellenbosch.  Dit was baie romanties en het ewe ‘n kamera saam gevat om lukrake foto’s te neem maar het al die tyd ‘n video geneem.  Hy het my vertel hoe baie ek vir hom beteken en dat die liefde wat hy vir my het nooit in woorde beskryf kon word nie en dat hy dit net vir my kon wys.   Op daardie oomblik het hy gesak op een knie en my gevra om te trou.  Gelukkig kon ek deur al die trane ‘n “JA!” uitkry.


thalia-shaun_0027 thalia-shaun_0028 thalia-shaun_0029 thalia-shaun_0030 thalia-shaun_0031 thalia-shaun_0032 thalia-shaun_0033 thalia-shaun_0034 thalia-shaun_0035 thalia-shaun_0036 thalia-shaun_0037


 Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Daar was geen spesifieke inspirasie agter die verlowing fotosessie vir ons nie.  Ons wou net die beste manier moontlik vind om ons liefde uit te beeld vir ander met ‘n opsomming van ons verhouding.  Oomblikke van geluk, laf wees, liefde en veiligheid.  Carla het ons verskriklik baie gehelp in die aspek met die nodige lyding.  Dit is tog nie al dag wat mens voor ‘n kamera moet staan en poseer nie, maar sy het ons sommer vinnig baie gemaklik laat voel.


thalia-shaun_0038 thalia-shaun_0039 thalia-shaun_0040 thalia-shaun_0041 thalia-shaun_0042


Diensverkaffers:

Fotograaf: Carla Diener Photography