Mark & Nichelle strand troue

Gedurende ‘n vakansie het Hoërskool liefdes met die eerste oog opslag albei verlief geword op ‘n plek waar hul later eg aanmekaar gesweer het.  Hulle het met die eerste kolskoot gekry wat hul wou hê en het dadelik besluit om daar te trou.  As ons deur die fotos onder blaai besef ons hoekom hul eerste keer oorwin was.


mark-en-michelle_0001mark-en-michelle_0002 mark-en-michelle_0003 mark-en-michelle_0004 mark-en-michelle_0005 mark-en-michelle_0006 mark-en-michelle_0007 mark-en-michelle_0008 mark-en-michelle_0009


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het op skool ontmoet en was soos mens sê: “High School Sweethearts”.  Al het ons albei baie verander van ons skool dae af kon nie een van ons sonder mekaar klaar kom nie.  Ons het saam as ‘n paartjie gegroei en ook mekaar ondersteun in ons individuele loopbane.  Na sewe ongelooflike jare saam het Mark uiteindelik die groot vraag in die Oos Kaap op die strand gevra.

Mark:  Nichelle se persoonlikheid is wat my heel eerste aangetrek het, sy het ‘n warm glimlag en mense is altyd gelukkig om haar.   Nichelle is altyd daar vir my en sy laat my voel dat ek altyd bo gaan uitkom ten spuite van wat om my aangaan.

Nichelle: Mark het my hart gesteel die eerste keer toe hy vir my, as 15 jarige meisie geglimlag het. Hy het ‘n ongelooflike groot hart, is baie ondersteunend en het my nog altyd veilig laat voel.


mark-en-michelle_0010 mark-en-michelle_0011 mark-en-michelle_0012 mark-en-michelle_0013 mark-en-michelle_0014


Wat was die inspirasie vir die tema van die troue?

Tydens ‘n vakansie in Kwa-Zulu Natal het ons besluit om na trou venues te gaan kyk, dit is toe dat ons op die asemrowende Palm Dunes Beach Lodge afgekom het.  Dit was die eerste en laaste venue waarna ons gaan kyk het!  Ons wou ‘n gemaklike, warm, vakansie atmosfeer skep vir ons gaste en die dekor was om dit beplan.


mark-en-michelle_0015 mark-en-michelle_0016 mark-en-michelle_0017 mark-en-michelle_0018 mark-en-michelle_0019 mark-en-michelle_0020 mark-en-michelle_0021 mark-en-michelle_0022 mark-en-michelle_0023 mark-en-michelle_0024 mark-en-michelle_0025 mark-en-michelle_0026 mark-en-michelle_0027 mark-en-michelle_0028 mark-en-michelle_0029 mark-en-michelle_0030


Was julle met wittebrood?  Indien wel, vertel ons meer daarvan.

Na ons troue het ons besluit om nog ‘n aand op die venue (Palm Dune Lodge) te slaap en net die lekkerte van die troue te probeer uitrek.  Daarna het ons by Sani Valley Nature Lodge ons wittebrood gevier.  Dit is die perfekte plek om met wittebrood te gaan en om net bietjie te ontspan na die opgewondenheid.


mark-en-michelle_0031 mark-en-michelle_0032 mark-en-michelle_0033 mark-en-michelle_0034 mark-en-michelle_0035 mark-en-michelle_0036 mark-en-michelle_0037 mark-en-michelle_0038 mark-en-michelle_0039 mark-en-michelle_0040 mark-en-michelle_0041 mark-en-michelle_0042 mark-en-michelle_0043 mark-en-michelle_0044


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Almal vertel jou tydens die beplanning proses om nie oor die klein dinge te stres nie, en om voor te berei dat iets op die dag gaan skeef loof.  Mens raak so opgevang in die ophef van die dag dat als hopelose te vinnig verby gaan.  Ons advies is om elke nou en dan tydens die beplanning, die trou dag self en na die tyd  ‘n groot asem te skep,  als in te neem en aan jou ander helfte te dink (dit is op die einde van die dag die hele rede hoekom jy trou).


mark-en-michelle_0045 mark-en-michelle_0046 mark-en-michelle_0047 mark-en-michelle_0048 mark-en-michelle_0049 mark-en-michelle_0050 mark-en-michelle_0051 mark-en-michelle_0052 mark-en-michelle_0053 mark-en-michelle_0054 mark-en-michelle_0055 mark-en-michelle_0056 mark-en-michelle_0057 mark-en-michelle_0058 mark-en-michelle_0059 mark-en-michelle_0060


Diensverskaffers: