Marinus & Anri se troudag

Marinus en Anri se verlowing fotosessie was al op Mooi Troues gedeel en julle kan na dit gaan kyk “Marinus en Anri se verlowing“.

Ons deel die paartjie se baie mooi troue met julle ook en wat vir ons uit gestaan het by die troue is die mooi kerk waarin die paartjie getrou het.  Daar is ook ‘n paar fotos binne en buite van die paartjie geneem om die kerk.

Anri se Orgideë ruiker is iets wat ons nie baie baie troue sien nie en glo dit sal ‘n inspirasie wees vir toekomstige bruide wat idees soek vir ‘n ruiker.

Ons hou ook baie van die hout plek matjies met die spyskaart op.  Die troue is vol inspirasie.


anri-marinus_0001anri-marinus_0002 anri-marinus_0003 anri-marinus_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons het op 30 April 2013 ontmoet met ʼn gemeenskaplike vriendin se verjaardagpartytjie.  ʼn Week later het Marinus my gevra om saam met hom te gaan koffie drink en soos hulle sê: “The rest was history!”.


anri-marinus_0005 anri-marinus_0006 anri-marinus_0007 anri-marinus_0008 anri-marinus_0009 anri-marinus_0010 anri-marinus_0011


 Hoe het julle verloof geraak?

Op 14 Maart 2015 het ons vir die dag Hartbeespoort toe gery om die dag daar te gaan spandeer en kabel karretjies te gaan ry.  In die kabel karretjie op pad na bo het Marinus die mooiste goed vir my gesê en in die klein spasie tussen die twee banke in die kabel karretjie op sy knie gaan staan en die groot vraag gevra.  Ek was so geskok en verras dat ek hom eers ʼn antwoord gegee toe ons bo op die berg moes afklim.  Die dag was baie spesiaal!


anri-marinus_0012 anri-marinus_0013 anri-marinus_0014 anri-marinus_0015 anri-marinus_0016 anri-marinus_0017 anri-marinus_0018 anri-marinus_0019 anri-marinus_0020 anri-marinus_0021


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons het mekaar  2 jaar en 9 maande geken toe ons getroud is.


anri-marinus_0022 anri-marinus_0023 anri-marinus_0024 anri-marinus_0025 anri-marinus_0026 anri-marinus_0027 anri-marinus_0028 anri-marinus_0029 anri-marinus_0030 anri-marinus_0031 anri-marinus_0032 anri-marinus_0033 anri-marinus_0034 anri-marinus_0035 anri-marinus_0036 anri-marinus_0037 anri-marinus_0038


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Julle troudag is die eerste dag van ‘n hele nuwe hoofstuk.  Maak dit so spesiaal as moontlik en neem alles in reg van al die droom en beplan oor die dag tot die dag self.  Voor die groot dag wens jy tyd om en as die dag aanbreek dan gaan dit so gou verby!  Moenie dat klein dingetjies die geluk in die seisoen steel nie.


anri-marinus_0040 anri-marinus_0041 anri-marinus_0042 anri-marinus_0043 anri-marinus_0044 anri-marinus_0045 anri-marinus_0046 anri-marinus_0047 anri-marinus_0048 anri-marinus_0049 anri-marinus_0050


Diensverkaffers:

  • Fotograwe: I Do Photography
  • Anri se rok: Eugeleo Zeloo
  • Grimering: Rene Maree
  • Marinus se pak: Euro suit
  • Venue: Grootbosch