Cobus & Caitlin se Vlootblou plaas troue

Met laataand stappies op kampus het rustige Cobus verlief geraak op Caitlin se glimlag en oë waarin hy vir ure kon staar.  Hulle het met tyd beste vriende geword wat ‘n belangrike fondasie is vir enige huwelik.  Cobus en Caitlin se advies aan paartjies wat nog trou is baie waar. Ons by Mooi Troues hou van hoe die paartjie se emosies vasgevang is op kiekies verewig en die vlootblou en wit dekor soos ons op die tafels kan sien in ‘n briljante kontras met die perd en hooi-balle.


cobus-caitlin-theron_0002 cobus-caitlin-theron_0003 cobus-caitlin-theron_0004 cobus-caitlin-theron_0005 cobus-caitlin-theron_0006 cobus-caitlin-theron_0007 cobus-caitlin-theron_0008 cobus-caitlin-theron_0009


Vertel ons hoe het julle ontmoet?

Ons storie begin seker soos meeste stories, ‘n ontmoeting… Wat opgevolg word deur baie gesels en afsprake, en ‘n vriendskap wat vorm.  Ons het in die eerste week van ons eerste jaar op universiteit ontmoet.  Blote toeval, koshuise wat sleep, albei van die Vrystaat en albei wat moeilike kursusse aanpak.  Nie een van ons was al ooit so gemaklik met iemand nie, al was ons nog eintlik vreemdelinge.  Maar na baie laataand wandelinge op kampus het ons vriendskap in iets meer ontwikkel.  Ons het mekaar se beste maatjies geword en een van die pilare van ons huwelik.


cobus-caitlin-theron_0010 cobus-caitlin-theron_0011 cobus-caitlin-theron_0012 cobus-caitlin-theron_0013


Watter eienskappe het julle na mekaar aangetrek?

Eienskappe van Cobus wat vir my aantreklik is, is hoe rustig hy is.  Maak nie saak hoe rof my dag was nie, hy kan my altyd beter laat voel en my dan laat lag.  Hy maak altyd tyd om werklik na my te luister.  Hy voltooi my as mens.

Caitlin se eerste aantrekkingspunt vir my was haar beeldskone oë en pragtige glimlag.  Van die eerste oomblik wat ek haar ontmoet het, het ek gemaklik gevoel en sy het die ware Cobus gesien.  Sy sien die beste in my en maak my volmaak in elke sin van die woord.


cobus-caitlin-theron_0014 cobus-caitlin-theron_0015 cobus-caitlin-theron_0016 cobus-caitlin-theron_0017 cobus-caitlin-theron_0018 cobus-caitlin-theron_0019 cobus-caitlin-theron_0020 cobus-caitlin-theron_0021 cobus-caitlin-theron_0022


Tema vir die troue?

Ons het nie ‘n spesifieke tema vir ons troue gehad nie.  Net ‘n stylvolle en eenvoudige byeenkoms van al ons naastes.  Die troue is uit en uit ons smaak en is ‘n beeld van ons persoonlikhede.  Die gaste se geskenke was yskasmagneetjie wat ons self gemaak het en ons het prentjies opgesit wat spesiale betekenis vir ons het.  Saam met die magnete het ons ‘n kaartjie gemaak wat elke prentjie se betekenis verduidelik.  Ons streef om die eenvoud in detail ook deur te trek tot hoe ons ons lewe wil lei.


cobus-caitlin-theron_0023 cobus-caitlin-theron_0024 cobus-caitlin-theron_0025 cobus-caitlin-theron_0026 cobus-caitlin-theron_0027 cobus-caitlin-theron_0028 cobus-caitlin-theron_0029 cobus-caitlin-theron_0030 cobus-caitlin-theron_0031 cobus-caitlin-theron_0032 cobus-caitlin-theron_0033 cobus-caitlin-theron_0034 cobus-caitlin-theron_0035 cobus-caitlin-theron_0036 cobus-caitlin-theron_0037 cobus-caitlin-theron_0038


Vertel ons van julle Wittebrood.

Ons was Phuket toe vir ons wittebrood.  Dit was ons altwee se eerste keer om te vlieg en was omtrent ‘n avontuur op sy eie.  Ons was geleë in Patong, wat ‘n tipiese kusdorpie gevoel het en die mense is baie vriendelik.  Die weer was idillies en ons het nie een dag gehad wat te warm, te nat of te winderig was nie.  Daar is oorgenoeg dinge om te doen en daar is toere na al die omliggende eilande.  So ‘n uitstappie is ‘n absolute moet!  Ons sal beslis weer teruggaan!


cobus-caitlin-theron_0039 cobus-caitlin-theron_0040 cobus-caitlin-theron_0041 cobus-caitlin-theron_0042 cobus-caitlin-theron_0043 cobus-caitlin-theron_0044 cobus-caitlin-theron_0045 cobus-caitlin-theron_0046 cobus-caitlin-theron_0047 cobus-caitlin-theron_0048 cobus-caitlin-theron_0049 cobus-caitlin-theron_0050 cobus-caitlin-theron_0051 cobus-caitlin-theron_0052 cobus-caitlin-theron_0053 cobus-caitlin-theron_0054 cobus-caitlin-theron_0055 cobus-caitlin-theron_0056 cobus-caitlin-theron_0057


Raad vir ander paartjies wat nog trou?

Jul troudag is jul spesiale dag en natuurlik wil mens hê alles moet perfek afloop soos beplan, maar wees bereid om jou planne aan te pas.  Baie dinge kan op die dag onverwags plaasvind, maak nie saak hoe goed jul beplan het nie.  Gaan jul dag in met die houding dat die belangrikste is dat jul ewige trou en liefde aan mekaar belowe.  Alles anders wat gebeur sal oor ‘n paar jaar net ‘n vae herinnering wees, maar die belangrikste sal altyd voortleef in jul harte!


cobus-caitlin-theron_0058 cobus-caitlin-theron_0059 cobus-caitlin-theron_0060 cobus-caitlin-theron_0061


Diensverkaffers: