Christo & Unine se roeibootjie fotosessie

christo-nortje-en-unine-kritzinger-1


Die verlowing fotosessie het al die elemente vir paartjies wat hou van water.  Ons is versot op die gebruik van ‘n roeibootjie in die fotosessie en Christo en Unine se vier poot kind het ook vir ‘n swem agter sy ouers aangegaan en hul foto oulik gefotobom.  Lees onder meer oor die inspirasie agter die fotosessie en ons by Mooi Troues weet jul sal dit geniet om deur die fotos te blaai.


christo-nortje-en-unine-kritzinger-2 christo-nortje-en-unine-kritzinger-3 christo-nortje-en-unine-kritzinger-4 christo-nortje-en-unine-kritzinger-5


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons is aan mekaar voorgestel in 2013 deur n gemeenskaplike vriendin op pad na ‘n Bastille konsert.  Die liefde het nie gebeur met die eerste oogopslag nie maar sowat twee jaar later eers.  Hierdie gemeenskaplike vriendin het op 1 April 2015 haar verjaarsdag partytjie gehou en was albei van ons natuurlik genooi.  Min het ons geweet op daardie aand “April fools is on us” en het die liefde begin blom.

Wat my aangetrek het van Christo:

Christo het altyd ‘n glinster in sy oog, sy lewenslustige persoonlikheid het my ingetrek ek kon ek nie anders as om te deel in die spontaniteit.

Hy is eerlik, lojaal, my beste vriend, sy hande staan vir niks verkeerd en waar hy n aandeel kan hê in ander se geluk floreer hy graag.

Wat my aangetrek het van Unine:

Die feit dat sy haar eie unieke mens is maak nie saak wat nie, selfstandig en onafhanklik maar tog toelaat dat n mens benodig en belangrik voel.  Sy is die mees kondenseertender, liefdevolle persoon wat ek ken.  Sy sal altyd luister na enige iemand en raad en perspektief vir enige probleem gee.  Sy is werklik my 1 uit 1000 en kan nie dink aan n lewe sonder haar in hom nie.


christo-nortje-en-unine-kritzinger-7 christo-nortje-en-unine-kritzinger-8


Vertel ons meer van julle verlowing?

10 jaar terug het ek (Christo) op hierdie plek besluit toe ek by ‘n buurman se plaas was vir geloftefees viering.  Dis ‘n 15 minute enkel kronkel pad tot diep in die bosveld en in die hartjie is daar n massiewe 40 meter waterval.  Ek het Unine vertel dat ons gaan piekniek saam my ouers vir die dag, om seker te maak sy vermoed niks nie.  Ek en sy het die “piekniek vir 4” gepak en my ouers het ‘n verskoning uitgedink hoekom hul agter ons in hul eie kar moes ry.  Op daai einste 15 minute kronkel pad stop my ouers toe en draai om sonder dat sy dit agter kom.  Unine het niks verwag nie, nie eens toe ons op ‘n klein sandbank eiland staan en die massiewe waterval bewonder nie.  Ek sal nooit haar gesig vergeet toe ek op een knie sak nie.  Ons het die hele dag piekniek gehou by ons eie privaat waterval en later die dag ‘n opwindende klim stappie gevat tot by die oorsprong van die waterval.  Die perfekte dag….


christo-nortje-en-unine-kritzinger-9 christo-nortje-en-unine-kritzinger-10 christo-nortje-en-unine-kritzinger-11 christo-nortje-en-unine-kritzinger-12 christo-nortje-en-unine-kritzinger-13 christo-nortje-en-unine-kritzinger-14 christo-nortje-en-unine-kritzinger-15 christo-nortje-en-unine-kritzinger-16 christo-nortje-en-unine-kritzinger-17 christo-nortje-en-unine-kritzinger-18 christo-nortje-en-unine-kritzinger-19 christo-nortje-en-unine-kritzinger-20 christo-nortje-en-unine-kritzinger-21 christo-nortje-en-unine-kritzinger-22 christo-nortje-en-unine-kritzinger-23 christo-nortje-en-unine-kritzinger-24 christo-nortje-en-unine-kritzinger-25 christo-nortje-en-unine-kritzinger-26 christo-nortje-en-unine-kritzinger-27 christo-nortje-en-unine-kritzinger-28 christo-nortje-en-unine-kritzinger-29 christo-nortje-en-unine-kritzinger-30 christo-nortje-en-unine-kritzinger-31 christo-nortje-en-unine-kritzinger-32 christo-nortje-en-unine-kritzinger-33


Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?

Die idee van ons verlowing fotosessie was dat dit so lekker en spontaan moontlik moes wees en vir dit om ons as paartjie te moet beklemtoon in die dinge waarvan ons hou.  Deel van die inspirasie was konfetti foto op Pinterest, kleurvol en vrolik!  Dis wat ons wou doen, dis hoe ons ons verlowing wou vier en vasvang.  Dit is voorwaar n opgewonde en baie spesiale geleentheid.  Ons fotograaf  het ons bekoor met haar oorspronklike idees.


christo-nortje-en-unine-kritzinger-34 christo-nortje-en-unine-kritzinger-35 christo-nortje-en-unine-kritzinger-36 christo-nortje-en-unine-kritzinger-37 christo-nortje-en-unine-kritzinger-38 christo-nortje-en-unine-kritzinger-39 christo-nortje-en-unine-kritzinger-40 christo-nortje-en-unine-kritzinger-41 christo-nortje-en-unine-kritzinger-42 christo-nortje-en-unine-kritzinger-43 christo-nortje-en-unine-kritzinger-44 christo-nortje-en-unine-kritzinger-45 christo-nortje-en-unine-kritzinger-46 christo-nortje-en-unine-kritzinger-47 christo-nortje-en-unine-kritzinger-48 christo-nortje-en-unine-kritzinger-49 christo-nortje-en-unine-kritzinger-50


Diensverskaffers:

Fotograaf: Elaine van Dust & Dreams