Tendense vir die nuwejaar

3


Trou Uitnodigings


1


Ambag vaardighede of selfdoen sal die gons van die jaar wees, dink minder ink op papier, meer digitaal of hout, metaal, materiaal en leer.


Troumars opsioneel



Bruide besluit om met ‘n liedjie van hul eie keuse in die trou gang af te loop, maar ons hou nogsteeds van die troumars en dink dit is ‘n goeie idee om jou keuse van Liedjie te speel as die strooimeisies inloop, maar wanneer dit jou beurt is om die trou gang af te loop, dit te doen op die tradisionele troumars.


Geen Selfoon beleid


Ons almal het die nuutste, blinkste selfoon met die beste kamera op die mark, maar onthou die paartjie het ten duurste betaal vir ‘n fotograaf en/of Videograaf.  Ons belowe jou oor twee jaar wil hul nie jou ou tegnologie in hul fotos sien nie.  Paartjies mag begin vrae dat daar ‘n streng geen selfoon beleid toegepas moet word tot en met die eerste dans verby is.  Respekteer die paartjie se wense sou hul die beleid toe pas.


Trourok modes


4


Wit is tydloos en elegant, maar vandag se bruid wat nie meer aan tradisies steur nie en onthou wil word vir haar trourok is geneig om na Pienk en sagte Bloue te beweeg vir haar trourok.  Moenie bang wees om jou ware kleure te wys nie!


85


Twee-stuk rokke en rokke met tekstuur sal ook baie gewild word.  Onthou net om dit stylvol te hou en wys minimale maag.  Vir meer gewaagde bruide voorspel ons geen rok en eerder ‘n elegante broek of “jumpsuit” gemaak om die trou mode onderste-bo te draai.


Die bruidegom die bruid sien voor die troue


 


Dis dae is verby wat die bruidegom eers moet wag tot die Seremonie om vir die eerste keer die bruid in haar trourok te sien.  Sou julle mekaar voor die tyd wil sien is dit reg.  Moenie steur aan bygelowe nie.


Verskillende klerestyl op die dag


Baie bruide het meer as een trou rok vir die groot dag.  Een meer formele vir die seremonie en dan een meer informeel vir die onthaal…moenie jou man die guns ook outgun nie en beveel hom aan om ook ‘n klerekas verandering te maak


Die bruid paar se gevolg


Dit is nou ‘n punt waarop jou strooimeisies en sy strooijonkers jul vir ewig sal dankbaar wees.


6


Ons almal het verskillende liggaam tipes en gelaatskleur.  Kies ‘n kleur en gevoel vir jul troue en laat julle gevolg toe dan om verskillende skakerings van die kleur en snitte van klere te kies.  Blinkers sal ook hul verskyning maak op eenkleurige rokkies.  Ons beveel aan om saam met hul inkopies vir klere te gaan doen.  Jy wil nie hê jou strooimeisie moet in ‘n aandrok opdaag as jy ‘n strand troue het nie.  Of as jy ‘n vleiende snit rokkie kies en een van jou strooimeisies is groter gebou.


2


Dieselfde gaan vir die strooijonkers, nie almal lyk goed in swart Tuxedos met plein wit hemde nie, probeer donker -grys op -blou pakke; Byvoorbeeld met strik of normale -dasse, hemde en sokkies wat by jul trou kleur skema inpas maar met verskillende skakerings.


Blomme


Die volgende groot ding wat ons sal sien in trou blomme?  Geen blomme, maar eerder blare, takke en palms – baie groen met minimalistiese styl.  Vir ‘n dramatiese effek oorweeg ‘n afdak van groenigheid wat oor jou gaste se koppe hang.


7


Spyseniering


Almal word bewus van gesond eet so dink daaraan om ‘n Organiese tema skemerkelkies en happies voor te sit byvoorbeeld soos sappige mini-burgers en “craft” bier.


Troukoek tendense


Dramatiese troukoeke is so 2016…gaan vir donuts & kolwyntjies, macaroons.  ‘n Goeie idee vir donuts en kolwyntjies is laat jou gaste dit self versier en macaroons kry jul geure wat inpas by jul trou kleure.


Gaste geskenkies


Soos die wêreld meer sosiaal bewus word, sal ons meer skenkings na liefdadigheid sien as trou geskenkies vir die gaste. Paartjies sal gaste ‘n nota gee om te sê waar hulle fondse na geskenk het.