Leon & Natasha se sprokies troue

leon-natasha_0001


Leon en Natasha se mooi troue gee ‘n baie natuurlike buite-lug gevoel met hulle seremonie onder die woudagtige bome.  Ons is mal oor die dekor en blomme wat Dinique Emporium gedoen het. Die blomme en dekor pas ook vir ons in by ‘n woud en sprokies tema. Dit lyk soos ‘n deel van ‘n sprokies verhaal soos “Alice in Wonderland” wat jou wegneem na ‘n ander wêreld.  Die paartjie se troue was baie kreatief gedoen met die oulikste blom kopstukke vir Natasha en haar strooimeisies.  Natasha se kleurvolle en lekker groot ruiker is ook ‘n baie mooi element by die paartjie se troue.


leon-natasha_0002 leon-natasha_0004 leon-natasha_0005 leon-natasha_0006 leon-natasha_0007 leon-natasha_0008 leon-natasha_0009 leon-natasha_0010 leon-natasha_0011leon-natasha_0012 leon-natasha_0013 leon-natasha_0014 leon-natasha_0015 leon-natasha_0016 leon-natasha_0017 leon-natasha_0018 leon-natasha_0019 leon-natasha_0020


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ons was saam op skool en geweet van mekaar, maar 4 jaar later het ons mekaar weer raak geloop in ‘n “Metal Club” hy is n ry skool instrukteur en ek het lesse nodig gehad. Ons het nommers gedeel en n paar maande daarna eers begin met ry lesse. Ons het meer gegaan vir drankies en gesels op “Mixit” (ja dis hoe lank terug te dit was, voor WhatsApp se dae) as lesse. Ek was so verlief ek het gedog ek was siek, hartkloppings, kon nie slaap nie, kon nie eet nie. My Dokter het my toe gevra of ek nie dalk verlief is nie.


leon-natasha_0021leon-natasha_0022 leon-natasha_0023


Hoe het julle verloof geraak?

Op ons vyf jaar herdenking (14 Februarie) het hy die hele dag beplan, om als te doen wat ons op ons eerste afspraak,  te doen Butterfly world, “sunset cruise” met vonkel wyn. Maar eers het hy my gevat vir Middag ete in n Boom huis by Moyo Spier in Stellenbosch. Ons is vreeslik lief vir die natuur en Bome en diere, ons het baie “rescue “diertjies” en in die boom huis met waterval en voëltjies wat speel in die water het hy op een knie gegaan. dit was n droom wat waar word! Niks meer romanties nie. ek was nog nooit so gelukkig in my hele lewe nie. als was mee as perfek.


leon-natasha_0024 leon-natasha_0025 leon-natasha_0026 leon-natasha_0027 leon-natasha_0028 leon-natasha_0029 leon-natasha_0030 leon-natasha_0031leon-natasha_0032 leon-natasha_0033 leon-natasha_0034 leon-natasha_0035 leon-natasha_0036 leon-natasha_0037


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons was 6 jaar en 8 maande saam.  Ons het getrou op 14 November 2015.


leon-natasha_0038 leon-natasha_0039 leon-natasha_0040 leon-natasha_0041leon-natasha_0042 leon-natasha_0043 leon-natasha_0044 leon-natasha_0045 leon-natasha_0046 leon-natasha_0047 leon-natasha_0048 leon-natasha_0049 leon-natasha_0050 leon-natasha_0051leon-natasha_0052


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Lag!! Maak mekaar lag en moet nooit ophou gesels nie!!  Ek en Leon kan vir ure aan een gesels, daar was al n paar keer wat ons in die bed lê en gesels en lag het tot ons altwee aan die slaap val in mekaar se arms. ‘Ons lag elke dag en gesels oor alles.

Die foto van die hondjie op my blomme, dit is my hondjie wat ongelukkig n jaar voor ons getroud is oorlede is, sy was my hele wereld, my beste vriend. Alles wat ek gedoen het was vir haar. Ons het altyd gesê “she will walk me down the aisle” sy moes maar toe in gees met haar gesiggie op my blomme saam my stap.


leon-natasha_0053 leon-natasha_0054 leon-natasha_0055 leon-natasha_0056 leon-natasha_0057 leon-natasha_0058leon-natasha_0062 leon-natasha_0063 leon-natasha_0064 leon-natasha_0065 leon-natasha_0066 leon-natasha_0067 leon-natasha_0068 leon-natasha_0069 leon-natasha_0070 leon-natasha_0071 leon-natasha_0072 leon-natasha_0073 leon-natasha_0074 leon-natasha_0075 leon-natasha_0059 leon-natasha_0060 leon-natasha_0061


Diensverskaffers:

Ons het net die wonderlikste mense gehad wat ons gehelp het met ons droom dag!

  • Blomme & dekor: Dinique Emporium
  • Trourok: Ilse Roux
  • Fotograaf – Tracy Robertson
  • Grimering: Sune Theunisen van Be Beautiful Health & Beauty
  • Hare: Nadia De Waal van Hair Matterz
  • Plattejoggie: Andy Hawes van The 3 Jukebox Heroes
  • Koek: Tihmily Cakes