Gerhard & Annemi se mooi verlowing fotosessie

gerhard-annemi-1


Gerhard en Annemi is ‘n mooi paartjie was besluit het om hul verlowing fotosessie in ‘n woud te hou terwyl hul piekniek.  Talentvolle fotograaf Charl van der Merwe het die oomblikke op sy kamera vasgevang.  In die fotos beleef ons die romanse van die dag.


gerhard-annemi-2 gerhard-annemi-3 gerhard-annemi-4 gerhard-annemi-5 gerhard-annemi-6


Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?

Ons het mekaar aanvanklik geken van sien via gemeenskaplike vriende maar is nooit amptelik voorgestel nie tot een aand wat ons altwee by een vriend se kuier was.  Geen kontak is gedurende die aand gemaak nie tot Gert Braaf genoeg was om die eerste stap te vat en homself te kom voorstel, so het ons begin saam kuier en ons was  baie goeie vriende, hy het een aand op my hand sy handtekening gemaak en gesê ” Ek merk jou vir die res van my lewe!” wat ek gedink het hy maak n grappie (omdat hy altyd vol humor is), ons altwee was daarna in ‘n ander verhouding, maar dit het nie uitgewerk vir een van ons nie, en Gerhard het toe sy humor gelos en my een aand kom uitvra.


gerhard-annemi-7 gerhard-annemi-8 gerhard-annemi-9 gerhard-annemi-10 gerhard-annemi-11 gerhard-annemi-12 gerhard-annemi-13


Vertel ons meer van jul verlowing

Gerhard het my gesê in Julie 2015 dat hy wil Desember verloof raak, hy het tot op die nippertjie gewag om die toestemming te kry by my pa, my pa het ja gesê en die volgende dag het hy dadelik werk gemaak om die ring te gaan koop. Hy het my die middag kom haal om saam sy vriend na ‘n eetplek op die berg te gaan eet, daar gekom het ons bo gaan sit waar ons alleen was met ‘n bottel wyn, daar het hy op sy knie gegaan en my gevra om sy vrou te word.


gerhard-annemi-14 gerhard-annemi-15 gerhard-annemi-16 gerhard-annemi-17 gerhard-annemi-18 gerhard-annemi-19 gerhard-annemi-20 gerhard-annemi-21 gerhard-annemi-22 gerhard-annemi-23


Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie

My pa is in die bosbou bedryf en het plase met plantasies op, hy ken al die mooi plekkies en hy en my boetie het ons gaan wys waar ons kan fotos neem, omdat hulle die area ken, die plantasies is ook maar eie aan ons omgewing waarvoor ek en Gerhard baie lief voor is.


gerhard-annemi-24 gerhard-annemi-25 gerhard-annemi-26 gerhard-annemi-27 gerhard-annemi-28 gerhard-annemi-29 gerhard-annemi-30 gerhard-annemi-31


Mooi Troues diensverskaffers:

Fotograaf: Charl van der Merwe Photography